… is 'n snaakse ding. Ooglopend glo George Claassen dat Marietta met 'n slenter besig is so waarvoor het hy bewyse tot dien effekte nodig? En hoekom is hy kwaad vir haar, so kwaad dat hy haar bloot 'Theunissen' noem?
Indien Claassen se uitdaging uit nuuskierigheid is, soos dit 'n wetenskaplike joernalis sou betaam, behoort hy 'n paar randjies uit te haal vir 'n sessie met Marietta en hy kan haar dan persoonlik vertel wat sy sê ten opsigte van hom en sy voorvaders nie waar is nie.
Of hoe?
Jan Rap


Kommentaar
Want Theunissen hou mense vir die gek en dit is wreed om mense wat geliefdes mis op hierdie manier te mislei.
Beste Jan Rap,
Beste Jan Rap,
Dit kom vir my voor of jy nou maar eenmaal jou mes in het vir George Claassen. Ek ondersteun sy optrede heelhartig. Ek verkwalik ook veral die media wat meewerk deur vir haar 'n forum te bied en tien teen een dalk ook nog vir haar vliegtuigkaartjie van Nieu Seeland af betaal.
Freek Robbinson het selfs 'n jaar of wat gelede oor die eter 'n uitnodiging gerig aan mense met nadoodse ervarings om met hom in verbinding te tree aangesien hy besig was om 'n program oor die onderwerp saam te stel. Ek het vir hom geskryf dat hy nie reaksie behoort te kry nie want mense met nadoodse ervarings moes dit beleef het nadat hulle dood en kan nie meer met hom kommunikeer nie. En indien hy wel so 'n reaksie kry moet hy weet dit is vals want die mens lewe en was nog nie dood nie. Hy het nie te min voortgegaan met sy uitnodiging maar dit darem aangepas na mense met naby doodse ervarings. Dis dan nou seker iets soos wanneer ’n mamba jou mis gepik het. Nee wat die twee Theunissens beroof arme goedGELOWIGES en dit is verblydend dat iemand soos George dit beveg want die kerkleiers en predikante skitter met hulle stilswye wat op sigself mos duidelik iets sê. En Jan Rap — kan die vraag nou ook gevra word of jy kwaad is vir George, so kwaad is dat jy hom bloot Claassen noem? Nee wat: "Go George — Go?"
Beste Wouter
Miskien, miskien nie; hoe weet jy?
Beste Angus
Indien hy nie van leuenagtighede hou nie is daar hier ter plaatse baie groter leuenaars, skelms en uitbuiters as wat Marietta ooit kan wees indien sy nou wel besig met 'n slenter is en George is nie eers seker nie. En hoekom plaas hy die bewyslas op haar; hy is mos die ou wat met die aantyging kom dan nie? Wat jou storie oor die ateiste en die Christene betref: Wie sê vir jou die ateiste is nie volop in haar gehore nie juis omdat gelowiges (Jode, Christene en ek is amper seker Muslims ook) deur hulle ondeskeie gelowe die soort van ding belet word. Maar hoekom stry, jy en George kan mos nou maklik bevestiging kry deur haar te besoek en dan, eens en vir altyd, julle bevindinge bekend te maak.
Beste Panda
Ja ek noem hom juis Claassen oor hy Marietta sommer Theunissen noem. Ek het eenkeer 'n vlietende blik gehad van haar bene 'n rare oomblik toe 'n kameraman daaroor geswiep het en dit het gelyk of sy mooi bene het en mens praat nie so onbeskof met 'n meisie met mooi bene nie.
En ja, ek is half vies vir hom oor sy weiering om met my te praat. Dit sou nou wees omdat ek onder 'n skuilnaam vrae gevra en kommentaar gelewer het oor een van sy liberale-onderrok-uithangende artikels. Sy weiering was ten spyte van die feit dat Naomi my naam en foto op my versoek aan hom gestuur het.
Groetnis
Jan Rap is nie juis iemand wat sy mes in kry vir mense nie en mens kan maklik toets of hy sommer tjommel en of sy kritiek iets om die lyf het - en sy houding ten aansien van Claassen se artikel waarop hy kommentaar lewer, is heeltemal te verstane. Claassen self verskaf meer as genoeg ammunisie om hom self mee af te skiet.
Claassen is die selfaangestelde en getitelde 'mnr bewyse van die Boland', terwyl hy self sarsies stellings maak waarvoor hy gedaag word om bewyse te lewer, wat hy nooit doen nie en ook nie kan doen, nie. As hy uitgedaag word (hy kan dit skynbaar glad nie verdra nie) dan doen hy een van twee dinge - hy kies die hasepad of hy takel die persoon van die uitdager (uiters gewilde en kenmerkende taktiek onder die agnostici), maar nooit verskaf hy sy bewyse vir sy eie snert, nie. Uiteraard nie - meeste van die goed wat hy kwytraak, kan hy eenvoudig nie bewys voor lewer nie.
Daarom het Claassen geen geloofwaardigheid nie, behalwe net tussen sy eie ewe verdorwe sielsgenote en dit is duidelik uit die kommentare by hierdie artikel en by sy artikel onder bespreking. En ek meen hy besef dit. Ek hoop net nie hy haal sy irritasie daaroor op sy studente uit deur hulle met nog meer sulke snert toe te gooi soos wat hy redelik gereeld hier doen en hulle dan met broodnodige punte te penaliseer as hulle nie vir hom ja-en-amen nie ...
Kobus de Klerk
Beste Jan Rap,
Niemand sal hulle aan Kobus de Klerk se snert hierbo steur nie, sê jy, Angus?
Maar jy behoort te weet dat daar al oor eeue heen miljoene, nee, biljoene mense is wat hulle aan die dinge in die Woord steur wat jy graag as snert sal wil afmaak en hulle raak nie minder nie.
So, jou 'niemand' bestaan slegs vir jou in jou eie fabel wêreld. Daar is nog 'n handjievol wat ook soos jy voel.
As ek met iemand kontak het en 'n gesprek het, kan ek die positiewe stelling maak dat ek daardie iemand ken sonder enige verdere bewyse van sy bestaan. Net so met God - daar is baie van ons wie so 'n verhouding met God het en ons ken God dat Hy geen leuenaar is nie, maar die Waarheid.
Maar dan kom jy, die spiritueel doofstom en blinde, en jy vra bewyse? Niks wat ek aan jou voorlê wat die ooglopende sal bewys nie, sal vir jou aanvaarbaar of nuttig kan wees nie, want jy kan dit nie assimileer nie - jy is doof, stom en blind en dus nie in die vermoë om die feite op jou eie te kan verwerk nie. Dus, my en miljoene ander soos ek se getuienis daaromtrent is vir jou genoeg, want ons is nie spiritueel doofstom en blind nie.
Kobus de Klerk
Kobus de Klerk, of jy dit nou wil weet of nie - jy is nie die Woord nie! ... dink net hoe groot is jou waan; omdat mense hulle aan God (die Woord) wy, dink jy hulle noodwendig aan jou moet steur? ... hahaha ... maar dan weer is jou verafgoding van die Bybel as die Woord, nogals opmerklik ...
Hello Jan,
Kyk net watter jakkaldraaie Kobus gooi om te vlug, presies soos ek beskryf het.