
Christopher Hitchens, een van die sogenaamde “four horsemen of the new atheism” is Donderdag, 15 Desember 2011 oorlede. Hy was 62 jaar oud.
Hoe om sin te maak van hierdie moelike man is ’n uitdaging. ’n Aspek waarmee begin kan word is om te fokus op die aspek wat James Fenton, ’n vriend, soos volg uidruk:
“Molti nemici, molto onore was the old Fascist slogan. Many enemies, much honor”.
Slegs ’n beperkte aantal van daardie vyande word gelys en is die die lys van vyande nog steeds indrukwekkend, in die aard en hoeveelheid van die persone en instellings betrokke:
Henry Kissinger, Mel Gibson, Pous Benedict XVI, die priesterheerskappy van die Rooms Katolieke Kerk, (so ook die Mormoonse Kerk ook), Bill and Hillary Clinton, Jimmy Carter, Saddam Hussein, Michael Moore, Moeder Teresa, Kersfees, Hanukkah.
Die redes vir hierdie vyandigheid moet gesoek word in die skryfwerk van Christopher Hitchens en alhoewel daar name op daardie lys is wat my goedkeuring wegdra, die Saddam Hussain byvoorbeeld, is die werk wat deur Jimmy Carter en Moeder Teresa terwyl sy gelewe het moeilik om te glo dat hulle onder die tong van Christopher Hitchens moes deurloop.
Daar is onlangs ’n versameling van opstelle, getiteld, Arguably: Essays by Christopher Hitchens vrygestel wat bogenoemde in konteks plaas net soos dit die omvang van Christopher Hitchens se belangstellings bevestig en die groot komponent wat letterkunde daarvan uitmaak.
’n Man van vele aspekte en ’n man van sy woord, soos gesien kan word in hierdie bespreking deur Bill Keller van Hitchens se versameling van opstelle.
(Hitchens memorably shot back that his antiwar critics were “the sort who, discovering a viper in the bed of their child, would place the first call to People for the Ethical Treatment of Animals.”)
Laat daar geen twyfel meer wees oor die giftigheid van ’n Saddam Hussein nie en die weekheid van die kritici wat sagkens teen geweld wil optree nie.
Die volgende aspek wat aangespreek word is die dapperheid van Christopher Hitchens, soos verwoord deur Peter Hitchens, broer van Christopher. ’n Goeie artikel, aangesien dit familie-foto’s insluit en daardeur Christopher in ’n ander konteks plaas, weg van die openbare rol wat hy al vir meer as 40 jaar vertolk het.
Die dapperheid wat van jou verlang om te waag, beide jou persoon, jou eie lyf in gevaar stel, in gevaarlike situasies plaas asook standpunte inneem wat brood van jou tafel kan neem.
Nog ’n tipe dapperheid is die soberheid waarmee hy sy eie dood in die gesig gestaar het. Daar word soms verwys na die vertroosting wat Godsdiens kan bied. Tot en met die bittereinde het hy hom nie beroep op dit nie en die lot wat enige en almal van ons gaan toeval, gesien as die gewone verloop van die lewe en dat dit doodgewoon moet hanteer word.
I am attracted to the German etymology of the word “stark,” and its relative used by Nietzsche, stärker, which means “stronger.” In Yiddish, to call someone a shtarker is to credit him with being a militant, a tough guy, a hard worker. So far, I have decided to take whatever my disease can throw at me, and to stay combative even while taking the measure of my inevitable decline.
’n Man van sy woord tot die einde.
Baie dankie
Wouter

