Christene is ook maar ateïste

  • 0

Die mens het die vermoë om nie net ander te mislei nie, maar ook homself. ’n Ambisieuse politikus mag dalk werklik vas daaraan glo dat hy ’n sekere saak bevorder, maar in werklikheid het hy die politiek betree om sy honger na mag en status te stil. ’n Dief mag dalk iemand se geld steel en vas glo dat hy daardie persoon ’n guns bewys het.

Hierdie menslike vermoë om homself te bedrieg speel ’n baie groot rol in religieuse geloof. Met vroom gesigte prewel Christene: “Al gaan ek ook in ’n dal van dood-skaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my: U stok en U staf die vertroos my.” As dié gelowiges werklik en ten volle in ’n beskermende God geglo het, waarom is dit dan dat hulle maar ook koes en wegkruip as die gevaar dreig? Waarom neem hulle huis- en motorassuransie uit? Waarom behoort hulle ook maar aan ’n mediese skema? Waarom is daar diefwering voor hulle huise se vensters en waarom sluit hulle snags hulle deure? Hulle bid kastig voor hulle in die motor klim, maar sluit die deure teen vermeende skakers, gordel hulleself en klein Kosie vas, en loer links en regs, en dan weer links by stopstrate voor hulle oorry. Hulle sê hulle is gelowiges, maar lewe asof hulle nie in hulle liefdevolle en almagtige God glo nie.

Nie alleenlik is Christene dus ateïste wat ander gelowe se gode betref nie, hulle is ook maar ateïste wat hulle eie God betref.

Ons ateïste is al gewoond daaraan dat gelowiges nie werklik ten volle glo soos wat hulle sê nie. Daarom skrik ons en besef ons die gevaar as iemand werklik sy geloof uitlewe, soos bv. met die gebeure van 9/11.

Groete

Angus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top