Christene, die Don Quixote’s van die wêreld

  • 0

’n Groot verskil tussen die Christen en die ateïs is dat die religioot nie kan onderskei tussen verbeelding en die werklikheid nie, terwyl die ateïs kan, en met al twee sy voete op moeder aarde staan.

Cervantes het hierdie verwarring tussen twee wêrelde van verbeelding en werklikheid mooi uitbeeld in sy roman Don Quixote: Don met sy drome, visioene en spiritualiteit, teenoor die aardse nugterheid van Sancho. In hierdie droomwêreld, sien Don Quixote windmeulens vir reuse aan wat hy ten alle koste moet aanval. Die gevolg is dat hy ’n taai klap van een van die windmeulens kry. Vandaar die spreekwoord dat Christene ’n klap van die windmeul weg het, bedoelende dat hulle nie al hulle varkies tuis het nie.

Eintlik moet ons Christene bejammer vir hierdie gebrek. Dit het alles te make met die brein wat nog nie so ver geëvolueer het nie.

Groete

Angus

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top