Christelike onsamehangende doktrine?

  • 1

Die stelling bv 'jou liggaam is 'n tempel van Jesus', maar dieselfde tempel gaan nie by wederkoms fisiese opstaan uit die graf of in die ewigheid in nie? Dis ook net 'n hoorsê onsamehangende stelling wat in die lug hang. Dikwels doen 'God' goed, met hulp van mense se geld, 'goed' in gemeenskap en 'God' sodoende lewens verbeter?? Is dit nie net die sielkundige verdedigingsmeganisme van verplasing wat met doktrines as 'geloof' voorgehou word nie? Skuld verplasing: satan het jou laat moor? Jou verslawing is satan se werk?

Is die skuldlasverplasing nie ook net nog 'n gerieflike verslawing soos wegneemetes by McDonald’s teen 'n geldelike prys nie?

Hans

  • 1

Kommentaar

  • Hallo Hans,

    Beskou jy enige ander geloof as meer logies as die Christelike geloof? Sou Islam of Boeddhisme meer verstaanbaar en oop wees vir jou? Of dalk maak scientologie sin. Of is jy agnosties of ateïsties in jou uitkyk? Snaaks genoeg het selfs ateïsme maar sy probleme want ten spyte van die oënskynlike logiese aard daarvan is dit nie 'n baie gewilde "geloof" nie. Dis maar bietjie bleek om die kiewe en ek sal dit nou nie juis gebruik om vertroosting te gee aan 'n kind wat sterf aan kanker nie. Dink jy dis slim om 'n perfekte samehangende sisteem te soek wanneer dit kom by die metafisiese? Maar ek stem saam met jou oor mense wat die duiwel en satan blameer vir dit en dat. Dis 'n cop-out as daar al ooit een was. Arme Hansie Cronjé kom natuurlik dadelik by my op.

    Groete

    Dirk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top