Chemoterapie: dis die realiteit

  • 6

Dit kom soos ’n ongenooide gas
Dit groei onbewustelik en op ’n dag vat dit jou net vas
Uit die bloute daag dit op en begin stadig oorvat
Dan elke dag begin dit meer en meer van jou vat
Eers in kleinmaat neem dit beheer
En dan skielik word jy heeltemal daardeur regeer
Al weerstand aan die begin is ’n hoop pille
Soos dit vorder besef jy amper daagliks nuwe rukke en grille
Dit tap elke bietjie energie en lewenslus uit jou
Die pyne en depressie wat dit gee neem ongoddelik baie uit jou
Dit fluister elke dag die realiteit van die dood in albei jou ore
Jou gees wil voort maar jou liggaam gee eenvoudig net in vir die eise
Dan skielik op ’n dag bereik dit die punt waar ’n dokter jou meedeel jy is te swak om te werk
Jy besef dan hoe siek jy is en al genade is jou toevlug na God en die Kerk
Jy raak al hoe meer vervreemd van die wêreld en jou bed word jou anker
Jou nagte word gekenmerk deur pyn en wakker lê en die dood kom sit swaar op jou gedagtes
Jy leer ken ander wat dieselfde pad loop met die parasiet in jou
Almal bemoedig en gee raad maar dan een vir een vat die dood hul weg van jou
By elke begrafnis as jy die potblou lyk aanskou besef jy dit is dalk next time jy
Die lewe word ’n oorlewing dag vir dag
Mislikheid oorheers jou hele wese en jy vergeet hoe dit is om te kan lag
Nuwe babas word gebore en jy raak glad nie geheg jy vorm nie eens ’n bond
Jou familie raak soos vreemdelinge jou getroue vriende loop elders rond
Jou dae word opgedeel in pille vat en pyn verduur
Jy raak gewoond aan hospitale en klinieke waar jy sit vir menige uur
Dan op ’n dag deel die dokter jou mee jy is sterk genoeg om die gif te kry
Jy raak vanuit ’n diep vergete plek opgewonde finally die cure om die parasiet uit jou lewe te kry
Jy droom drome van ’n nuwe môre jou lewenslus kom stukkie vir stukkie terug
Jy kry hoop dat jy na soveel pyn en soveel leiding na ’n nuwe more sal kan ontvlug
Jy hoor van die gevolge van die gif en jy dink niks is erger as dit wat die parasiet kon doen
Jy kyk daarby verby en jy fokus net op die genesing wat die gif in jou lewe gaan kom doen
Jy is opgewonde as jy vir jou eerste sessie gaan om die gif te ontvang
Die gevolge kan maar kom fok dit ek gaan my lewe terugkry waarna ek al so verlang
Jy sit en kyk hoe die gif deur die drip loop druppel vir druppel in jou aar
Die nurse sê as jy duiselig word moet jy net asemhaal want dit sal bedaar
Dan skielik raak dit swart voor jou en jou liggaam word oorgevat deur ’n onbekende mislike mislike gevoel
Jy word so daardeur oorweldig jou liggaam is nie bestand en jy pass uit want jy is nie bestand teen daai mislike siek gevoel
Jy skrik wakker ure later in jou bed met geen idée hoe jy daar gekom het nie
Dan ontdek jy daai rou gevoel in jou maag jy proe die kak smaak wat ewe skielik in mond gekom het
Jy bewe soos ’n riet want jy’t nog nooit sulke koue ervaar nie. Nuwe angs neem in jou lewe plek in
Jy het die diepste honger en dors maar sodra jy begin eet kom neem daai wurg van naarheid plek in
Dit oorweldig elke deel van jou bewende liggaam en elke keer as jy opbring voel dit of die lewe uit jou gaan
Almal rondom jou bed huil vir die uitdrukking op jou gesig
Jy vra nie vir ’n spieël nie want jy wil nie aanskou nie want jy voel jy is bang vir jou eie gesig
Ure word aande van slapelose nagte en dae met konstante naarheid wat jou choke word soos ’n marteling
Dit stop nie dit vat nie ’n break nie tot jy besef dis ’n week later wat jy saamleef met die marteling
Dan skielik besef jy dit bedaar maar voor jy kan rejoice besef jy jou hele liggaam is opgeswel  en dan begin die pyn
Die uitmergelende pyn wat kom sit soos ’n oorgewig reus orals op jou lyf
Dit word ’n bitter seer stryd om net ’n entjie te beweeg want die pyn terroriseer jou hele lyf
Jy is skielik op ’n plek waar jy geen gevoel meer het geen emosies behalwe haat en haat en haat
Jy vra onbewustelik vir almal wat vir jou omgee om jou net in vrede te laat
Jy verloor tred met die daaglikse lewe onbewus van tyd en dag
Die seer van die pyn het jou in sy absolute mag
Dit hou aan vir amper twee volle weke maar dit voel soos ’n leeftyd van pyn en mislikheid
Dan skielik is dit weg. Jy begin huil en jy skree van dankbaarheid jy is ontslae van die mislikheid
Jou dankbaarheid is van korte duur want dan skielik is die wurgende naarheid terug
Jou mond raak vol sere jy verloor gevoel in jou hande en voete en die smaak van kak is in jou mond terug
Jy is verberg deur die ellende wat jy deurgaan en jy besef dis tienduisend keer erger as die marteling van die parasiet wat dit moet uitroei
Jy voel hoe jou lewenslus bietjie vir bietjie uit jou lyf uitvloei
Als wat jy eet proe soos die kak smaak in jou mond en behalwe die naarheid kom diarree en vererger die hel
Jy skree van verslaenheid en seer uit jou binneste fok die gif ek verduur eerder die parasiet se aanslag as die gif se onbekende mislike gemene hel
Dan skielik raak die pyn stil die naarheid verdwyn daai kak smaak in jou mond raak draaglik
Tee proe soos tee en ’n stukkie jam en brood proe soos kos uit ’n vyfster-restaurant dank God die lewe is weer draaglik
Dit voel of jy buite jou liggaam sweef  want daar’s nie ’n pyn nêrens in jou lyf
Jy voel soos ’n kind wat leer fiets ry en weer beheer kry oor jou lyf
Dis hemels jy gee spronge inplaas van om te loop
Jou liggaam is van alle pyn en mislikheid gestroop
Die lewe het nuwe betekenis jy is dankbaar so dankbaar jy is verlos
Jy’s vry nie meer vasgevang in eindelose pyn absoluut verlos
Voor jy gewoond raak aan die Vryheid en nuwe lewenslus besef jy dis weer tyd vir die gif
Jy raak angsbevange en jy sê Here na die nagmerrie moet ek rêrig weer teruggaan en dit herleef en jy raak diep bang vir die gif
Jy laat jou egter lei deur die gevoel wat jy het van geen pyn en geen mislikheid en voor jy weet sit jy weer op die stoel
Jy kyk hoe die gif druppel vir druppel in jou aar in vloei en jy bid en jy vra Here kan ek rêrig die nagmerrie oorwin God weet sulke pyn en marteling is vir geen sterweling bedoel
Dan kom sit die dokter se woorde van vroeër en speel weer af in my kop en dit laat my vrese verdwyn
Die pyn en marteling van die gif is vergete want sowaar daar het al ’n deel van die parasiet  verdwyn

  • 6

Kommentaar

  • Soveel liefde vir jou Pennie! Ons staan elke liewe dag agter jou en sal berge versit vir jou <3 Onvoorwaardelik lief vir jou.

  • Met God aan jou sy geanker in jou geloof jou familie langs jou hoop agter jou en die motivating van jou hele lewe wat voor jou lê is daar hoop. Altyd met jou Pennie <3

  • Dit is so eerlik,opreg en ek beleef die pyn deur jou beskrywing! My seun het dit deurgegaan en is weer na jare by dieselfde wegspringblokke ... breinkanker word 'n werklikheid. Ek bid saam en worstel met God, saam met jou.

  • Anette Allers

    Nader as dit kon jy dit nie beskryf nie vriendin . Dit is absoluut n marteling. Weet presies hoe jy voel want gaan tans daardeur. Moet Vrydag weer gaan vir chemo en sien so op daarna. Ek kan jou net sterkte toewens en mag Jesus jou deur die tyd dra. Dink ook aan my asb. Ek hoop vir 'n wonderwerk. xx

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top