"Chemiese (mis)verstand" deur Alex Lubbe

  • 0

Chemiese (mis)verstand

Dis donker alweer
Hartseer met sy voet innie deur
Ons beurt het gekom
ons is wankelrig stom
Oor gebeurtenisse, chemiese steurnisse

Die tol is geëis
Mary jane en whisky het jou gewys
Die wêreld se depressie
’n Hele donker sessie
Gee net terug my siel
Al is dit klaar verniel

Koor:
Dis jy met jou chemiese mis-"verstand"
Jy het my siel  swart verbrand
Ek hoop die dinge catch (Afr. vang) op
En iemand hou die deur oop
As hartseer by jou kom klop

Die blou rookgedaantes
As jy verskoonbaar alleen is
Sonskyn- geel vriende
Maak van jou bediende
Die fine print sê alles
Maar wie lees as dit donker is

Happy hour's verby
Wat jou toekom sal jy kry
Hou jou greintjie hoop
Ek het lankal ophou koop
Sober is nie vir almal nie
Ek weet, is nie ’n antwoord nie

Koor:
Dis jy met jou chemiese mis-"verstand"
Jy het my siel  swart verbrand
Ek hoop die dinge catch (Afr. vang) op
En iemand hou die deur oop
As hartseer by jou kom klop

Koor:
Dis jy met jou chemiese mis-"verstand"
Jy het my siel  swart verbrand
Ek hoop die dinge catch (Afr. vang) op
En iemand hou die deur oop
As hartseer by jou kom klop

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top