Checkers sak
Twee onpaar plakkies
Drie Wimpy suikersakkies
Oorlee pa se Joseph Rogers
En ? kosblik met Lucky Strike stickers
REFREIN:
My lewe in ? Checkers sak
Lankal geruil vir ? aktetas
Stuk vir stuk uitgepak
Herinnerings van wat eens was
? Toegedraaide restaurant peppermint
? Verweerde army dae Nuwe Testament
Muf op ? halwe stuk brood
Die koerant berig van my grensbuddy se dood
REFREIN
? Affies sweetpakbaadjie
? Jehova getuies traktaatjie
? Leë menthol snuff blikkie
Haar rooi haarstrikkie
REFREIN
Die goedjies wat in my Checkers sak pas
alles wat eens belangrik was
het belang verloor
En nou bly net die paar goedjies oor
REFREIN
Die lewe in my Checkers sak
Stuk vir stuk uitgepak
As jy die wedloop in die lewe verloor
bly net die paar goedjies in die Checkers sak oor

