"Casablanca Liefdessprokie" deur Hansen Pieterse

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Met ? skaam-oog kyk ek op na jou
Met sy arms wat hy om jou vou
En ek wonder by myself wat kon gewees het

Daars ? traan wat hardloop oor jou wang
En die botter is nogsteeds hier aan my hand
Van die tye wat ek jou uit my greep verloor het

REFREIN:
Dis nou tyd, dis tyd
Om my diepste, sterkste denke te stuit
Dis nou tyd, fluit-fluit
Ons Casablanca liefdessprokie is uit

Jy's my langverlore appelsoog
Jy's my uitverkore kardioloog
Jy's my voorgeskrewe pil waarsonder ek hier sal neerval

Ek's nou op my knieë met my hart in my hand
En ek vra verleë vir ? nuwe verband
Vir die wond hier op my bors van waar my hart eens geklop het

REFREIN x2
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top