Bybelse snert?

  • 0

Kobus skryf sy lang relaas (snert) dat God nie van die Ou Testamentiese wette afgesien het nie, en gee sy eie voorbeelde (nie Bybels nie, sy leuens) hoekom verskillende vesels nie vermeng mag word nie, hoekom verskillende gewasse nie saam geplant mag word nie, hoekom sekere vleise nie geëet mag word nie, rakende die vrou se reinheid, ens. Hy tree op in die hoedanigheid as God se selfaangestelde apologeet, en probeer God se gebrou as ‘n Christen God reg argumenteer. Die feit is, is dat die Ou Testamentiese God alles per proklamasie, sonder enige verduideliking in die Ou Testament vir die Jode “wetties” verklaar het hoe hulle moet lewe, met ‘n houding van, take it - or leave it at your own peril, wat die Jode vandag nog steeds getrou doen. Logika was nooit ‘n goddelike eienskap nie, net vir die heidense Grieke beskore, die dat opdragte per proklamasie geskied, verduidelings nie nodig nie, ook onnodig om die volgorder van die skeppingsverhaal in Gen. logies op te stel soos bv. waar daar aand en dag geskied het voordat die son geskep was.

Die Ou Testament is deur Jode vir die Jode geskryf. Die Christene het dit vir hulself ge-ko-opteer, met hulle eie byvoegsel, nl die Nuwe Testament, wat eintlik hulle besonderse Bybel is. Die Ou Testament is eksklusief, waarin die menslike heil alleenlik bekombaar is deur bloedlyn verbintenis met Jacob (Israel), of, sedert die Romeinse invloed met hul beginsel van aanneming, op hulle geloof, om ‘n aangenome Jood te kan word. Die Jode dienooreenkomstig, proseliteer nie. In teenstelling is die Christendom inklusief. Enigeen wat Jesus as God bely, kan op Christenskap deur middel van die doop daarop aanspraak maak. (Natuurlik sal Kobus hierdie laaste stelling bevraagteken, want niemand volgens hom is ‘n Christen wat nie sy sieninge daaromtrent tot die letter huldig nie). Christene proseliteer kranig.

In die Ou Testament het die Jode kennis gedra van net een God. Hulle het nie kennis gedra van ‘n God die Heilige Gees of ‘n God Jesus Christus nie, wat uniek van die Nuwe Testament en die Christendom is, en maar net ‘n 2000 jaar-oue konsep is.

Vervogens net ‘n paar van die vele skreiende verskille tussen die Ou en Nuwe Testamente – tussen Jood en Christen.

‘n Bevel tot besnydenis (Ou Testament) - Besnydenis oorbodig (Nuwe Testament).

Sabbatdag op die 7de dag (Saterdag - opdrag) - Sabbatdag op die 1st dag (Sondag – sonder opdrag)

Verbod op onrein vleise Enigiets wat God gemaak het, is rein om te eet - Wette rakende offerandes. Tot niet, en aan die kruis genael.

Onheil deur God bewerkstellig as straf - Onheil deurgans deur Satan bewerkstellig.

‘n Toornige God - ‘n Barmhartig en liefdevolle God.

‘n Dag begin vanaf sonsondergang - ‘n Dag begin vanaf middernag (sonder opdrag)

Aanbid een God - Aanbid drie Gode in ‘n misterieuse Eenheid.

‘n Paar voorbeelde van skreiende haat en nydige verskille tussen Christene, veral Protestante, onderlings. Grootdoop / Kinderdoop; Wynbeker / Wynkelkies; Besadig / of Praat in tale; Gesange / Psalms alleenlik; Predikers moet ge-orden word / Leke predikers alleenlik; Gegiste nagmaal wyn / Ongegiste (druiwesap) nagmaal wyn; Gesuurde nagmaalbrood / Ongesuurde nagmaalbrood; Brandende kerse / Geen kerse; Staan / Sit / Kniel om te bid in die kerk (Kon nooit verstaan hoekom mans moet staan en vrouens sit in die susterkerke nie, wat die ongelykheid tussen die geslagte sodanig benadruk.) Natuurlik waar almal, sonder uitsondering, in hulle eredienste eens is, is die gebruiklike kollektebord. Met geld is almal eens, met goddelike aanbidding verskil elkeen hewig onderling.

Die Ou en Nuwe Testamente is deur mense geskrywe. Die keuses wat die huidige Ou en Nuwe Testament van die vele ander manuskripte uitmaak, en als heilig te verklaar, is uitsluitlik menslike keuses, die Ou Testament (Masoretic Text), 100nC (te Jamnah in Egipte), en die Nuwe Testament meer as ‘n 1000 nC deur die Katolieke Kerk, wat later deur hul Protestantse dogters net so aanvaar is.

Die mensdom voor Moses, het geen Bybel gehad  nie. Met Moses, net die eerste vyf boeke. Net voor die ballingskap ‘n klompie honderd jaar daarna, meeste van die ander boeke. Gedurende en na die ballingskap, die res van die Ou Testament. Tussen die Ou en Nuwe Testament, die Aprokriewe (alleenlik deur Katolieke aanvaar), ‘n periode van 300 jaar. Die Nuwe Testament, die eerstes omtrent 30nC, en die res gestrek oor omtrent nog ‘n 50 jaar daarna. Met die laaste boek, is daar nie verdere goddelike openbaring of “lig” vir die afgelope 2000 jaar. Die mens moes voortaan ‘n onveranderde Bybel sonder verdere toevoeging in ‘n veranderende wereld en samelewing godsdienstig deurworstel. Ten minste die Mormone kan aanspraak op verdere goddelike openbaring deur middel van hulle profeet Joseph Smith, en die Sewende Dag Adventiste deur hulle profeet Ellen White maak, maar sedert 150 gelede, geen verdere openbaring nie.

Dat die mensdom sonder die Bybel kan klaarkom is gewis. Deur die eeue heen, volkere sonder die Bybel, het heel goed verloop. Die verklaring deur die Beetles 50 jaar gelede: “God is dead” word al hoe meer sigbaar op hierdie krimpende planeet, met kommunikasie vrylik vir almal beskikbaar, wat meer waarhede, as die Bybel, openbaar.

En natuurlik uit oudergewoonte, sal Kobus vir my (en ander wat van hom verskil) as ‘n sot en dwaas uitskel, nieteenstaande Matt. 5:22: “…..wie hom uitskel vir ‘n idioot (dwaas) is strafbaar met die helse vuur.” Verder moet hy kennis neem van Matt. 7:22,23: “Here, Here het ek nie in u Naam gepreek nie, ….., ens. Dan sal Ek (Jesus) openlik se: Ek het jou nooit geken nie!” (Tekse verkort).

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top