Psalm 6
1 Vi di leier van die koor: Met snaarmusiek, met basstem. ʼn Psalm van Dawid.
2 Jirre, U moetie vi my straf wanne U kwaad issie.
3 Jirre, U moet my genadig wies, en my help, wannit gat soe sleg met my,
Jirre maak my gesond, wan my lyf is vol pyne.
3 My siel is siek.
Jirre, hoe lank garrit vat voo U my red?
4 Jirre, kyk tog na my toe, en help my.
Red my. U liefde sal my nooit innie stiek laatie.
5 Dooie mense kannie U naam uitroepie.
Hoe kan hulle U naam prys wanne hulle ses voet onnerie grond is?
6 Die gemoanery van my het my moeg gemaak.
Ek huil nou al vi die hele nag,
my bed is nat van al die gehuilery.
7 My oë is soe dik van hatsee dat ekkie lekke kan sienie.
Deu al die gehuilery oo wat my vyande doen
kan ekkie mee lekke sienie.
8 Gat weg van my af, amal van julle wat slegte dinge doen.
Die Jirre het my gehuilery gehoo.
10 Amal my vyande sal toegesmee wôd met skande en moeilikheid.
Hulle sal moet vinnig in skaamte wegdraai van my af.
Alles sal soe gou gebeer!



Kommentaar
Die’s die beste nog: kort, innie krop vannie saak, en soos salf.
Dankie,Livy
(Wanneer kommie Kaapse psalms yt? Broodnodig, nou, tenie peste en geskiet)
Dankie, dankie, ek geniet elke deel hiervan!!!