Psalm 11
Ek wiet die Jirre sal agte my kyk
1 Vi die leie van die koor: Van Dawid
Ek wiet, die Jirre sal agte my kyk.
Hoekô sê julle dan nou vi my ek moet
wegvlieg na die berge toe soes ʼn voël?
2 Julle sê vi my: “Djy moet maak lat djy hie weg kô,
wan kan djy nie sien hoe maakie mense
wat vekeerd doen hulle reg om anteval,
kyk hoe trek hulle hulle boeg se snare styf,
kyk hoe sit hulle die pyle op die snare van die boeg,
hulle skiet uit die donke
op die mense wat reg doen.
3 Wanne die fondasie van wet en orde
inmekaa val, wat kan die goeie mense dan doen?”
4 Maa die Jirre is in sy heilige tempel.
Die Jirre is op sy troon in die hiemel.
Hy kyk na een en amal op die aarde,
Hy toets amal.
5 Die Jirre toets die met goeie harte
maa die slegte mense,
en hulle wat geweld liefhet
haat Hy met ʼn passie.
6 Op die goddelose sal Hy
rien van vuur en swael afstuu,
en brandende winde
sal hulle lat swaa kry.
7 Die Jirre is regverdig,
Hy hou daavan wanne regte goed
gedoen wôt.
Die mense wat doen wat reg is
sal Sy gesig sien.
Psalm 12
Vi die leier van die koor: Met snaarmusiek. ʼn Psalm van Dawid.
1 Help tog, Jirre, wan daa is niemand mee
wat gloe in U nie.
Die mense wat gegloe het,
het amal vedwyn.
2 Amal is vals en twiegesig met mekaa,
hulle lag saam mekaa,
maa die valsigheid het huis opgesit in hulle harte.
3 Jirre, maak tog die mense se monne stil
wat soe vals is, en oek elke
brêkkerige tong.
4 Hulle dink hulle sal vorentoe gat
met die dinge wat hulle sê,
hulle dink niemand sal hulle keerie.
5 Die Jirre sê: Ek sien die slegte goed
wat mense doen an anne mense
wattie agte hulleself kan kykie.
Ek hoo hoe kla en sug
die mense wat niks hettie.
Hulle het gevra dat Ek hulle moet help.
6 Wanne die Jirre praat
dan kan djy Hom maa gloe.
Sy woore issie valsie,
dis soe skoon en suiwer
soes silwe wat siewe kee
gesmelt was in ʼn vuuoond.
7 U, Jirre, sal agte ôs wat niks hettie kyk,
en U sal ôs altyd beskerm tien
daai slegte mense
8 wat innie ronte stap soes hulle niks
vekeert doennie,
terwyl amal sê die dinge wat sleg is
is die ding wat goed is.
Psalm 13
Vi die leier van die koor: ʼn Psalm van Dawid.
1 Hoe lank nog, Jirre sal U my nog vegiet?
Hoe lank sal U nog anhou om U gesig
van my af weg te stiek?
2 Hoe lank moet ek nog baklei met my gedagtes
en self planne maak,
hoe lank moet ek nog elke dag huil en hatsee wies,
hoe lank nog gat my vyande boe my staan?
3 Jirre my Got, kyk tog vi my en antwoort my.
Gie my niewe liewe soedat ekkie sterfie,
4 lat my vyande nie kan sê dat hulle
gewen het tien my nie,
soedat hulle nie kan djuig
ommat ek geval hettie.
5 Maa ek? Ek gloe dat U sal doen
wat U gebeloewe het.
Ek sal skrie van kan hêppie wies
want U sal my red.
6 Ek sal vi die Jirre sing,
wan Hy was goed vi my.