Psalm 10
1 O Jirre, hoekô is U soe vê weg van my af?
Hoekô stiek U weg wanne ek in die moeilikheid is?
2 Die mense wat vekeere dinge doen,
djaag die mense wattie hulleself kan helpie
en wil hulle vang.
3 Wan hulle brêk oorie slegte goed wat hulle doen,
hulle wil ryk wôd van anner mense se goed,
en hulle praat sleg oo die Jirre.
4 Die mense wat slegte goed anvang
is te trots om vi God te gat soek.
Hulle wil maak soes God dood is.
5 Maa nog steeds kry hulle alles reg wat hulle
wil doen. Hulle maak soes U te vê van
hulle is om hulle te oodeel.
Hulle dink die mense wat tien hulle is
betieken niks.
6 Hulle dink, “Niks slegs sal ooit
met ôs gebeerie! Ôs sal ve’iewig vry wies!”
7 Hulle hou an om mense te vevloek,
en te bedrieg en te vedruk.
Hulle maak altyd planne om mense
te lat swaakry,
mense wat niks vekeerd gedoen hettie.
8 Hulle lê en wag buite die stede
reg om onskuldige mense te bespring,
en dood te maak.
Hulle is aliewig op ʼn uitkyk
vi mense wat swak is.
9 Soes leeus kruip hulle weg,
en wag om mense wat hulleselfie
kan beskermie te bespring.
10 Hulle slat die magtelose slagoffes plat,
en hulle val tienie grond vas,
wannie slegte mense is te stêk vi hulle.
11 Die slegte mense dink, “God kyk mossie
uit vi die mense nie. Hy’t sy oë toe gemaak,
en sallie sien wat ôs mien biesag issie.”
12 Staan op, O Jirre!
U moet nou iets doen,
wan soe kannitie angannie.
Straf die slegte mense, O God!
Moet assebliefie van die mense vegiet
wat hulleselfie kan beskermie.
13 Hoekô dink die mense wat slegte dinge doen
dat hulle kan weg kô deu te maak soes God ’ie belangrik issie?
Hoekô dink hulle God sal hulle nie straffie?
14 Maa U sien hoe mense swaakry en seekry,
U sien dit, en U sal iets doen.
Die mense wat hulleselfie kan helpie
sit hulle vetroue in U,
U vededig die wieskinnes.
15 Maak die mense wat slegte en vekeere dinge doen swak!
U moet die krag wat die slegte mense het briek.
Gat agte elke laaste een van hulle,
en venietig hulle lat hulle nooit wee
vekeere goed kan doenie.
16 Die Jirre is Koning vi iewig en altyd!
Die Godlose nasies sal wegraak uit die land uit.
17 Jirre, U wiet wat die hoep is van die mense
wat hulleselfie kan beskermie.
U sal na hulle luiste, en hulle troos.
18 U doen wat reg is vi die wieskinnes
en die mense wat swaakry,
hulle hoefie mee bang te wies vi mense
wat slegte dinge doenie,
wan God sal self met allie skuldiges afrieken.