Bybel in Kaaps: Job 9

  • 0

Job antwoort vi Bildad

9 Toe antwoort Job vi Bildad en sê:

2 “Ja, ek wiet dis waa wat djy sê. ʼn Mens kannie ʼn saak
tien die Jirre wennie.

3 ʼn Mens wat vi God gat anvat gat twiede kô. Djy sallie
ees vi Hom een in ʼn 1000 kee kan antwoortie.

4 God se wysheid loep diep, en hy is baie stêk.
Daa issie ʼn mens wat tien Hom kan baklei en nie seekry nie.

5 God skyf berge sonner lat ienige een wiet daavan,
 en as Hy kwaad is dan gooi Hy hulle somme onnesteboe.

6 Hy skud die aarde lat dit uit plek uit skyf,
en maak die fundamente van die aarde biewe.

7 Hy sê vi die son ommie mee te skynnie, en sit
die lig van die sterre af.

8 Hy allien het die hiemel uitgestrêk,
en as Hy soe voel dan loep hy somme op die
brannes vannie sie.

9 Dis God wat al die sterre gemaakit. Hy het die Beer, en vi Orion gemaak,
 die Siewester, en die Suidekruis

10 Hy doen wonners wat mensie kan vestaanie,
Hy doen soe baie wonnerwêkke dit kannie getel wôttie.

11 Wanne Hy veby my loep, dan kan ek Hommie sienie,
wanne Hy veby my gan, sal ekkie ees wiet dis Hy nie.

12 As Hy iets wil wegruk, dan is daa niemand wat hom kan stoppie,
of vi Hom vra, “Wat doen Djy?” nie.

13 God hou nie woede truggie.
Amal wat vi Rahab wou help, moes voo Hom buig.

14 Soe hoe kan ek met God stry, of wat moet ek vi Hom sê
wanner ek met Hom praat?

15 Al was ek reg, sal ek Hommie kan antwoortie.
Ek kan net by God, my Regter vi genade pleit.

16 Al roep ek Hom en Hy’t geantwoort,
gloe ekkie dat Hy na my sal luiste nie.

17 Die Jirre het my sonne ienige riede hard geslaan.
Dit vi my gevoel of ʼn tônado my geslat het. Nou’t Hy my wonde
nog net meedere gemaak. 18 Hy gie my nie ees kans om asem te haalie,
maa gooi my toe mettie swaakry.

19 Wanne dit by krag kô is God stêkker dan my,
wanne dit gan oo wat reg is, kan niemand hom beskuldigie.

20 Al was ek reg, sal my eie mond sê dat ek vekeert is,
al was ek onskullig, sal my eie mond sê dat ek skullig is.

21­ “Ek is onskullig,” het Job gesê, “maa ek gie nie om
vi my eie liewe nie, ek haat my liewe.

22 Maa dit maakie saak of ek skullig of onskullig issie,
wan by God is dit alles die selle. God venietig die die skullige
en die onskullige mense.

23 As die een of anne ramp skielik oo onskullige mense kô,
en hulle gat dood, dan lag Hy vi wat hulle deumaak.

24 Wanne die land in die hanne van slegte mense val,
dan maak Hy die regters se oë toe soedat hulle dittie sienie.
As dittie God is wat dit doenie, dan wie doen dit dan?”

25 Job sê oek, “My dae gat vinniger veby
dan ʼn atleet wat vinning haloep. My dae vlieg veby
sonner dat ienige iets goeds gebeu.

26 My liewe gly veby soes ʼn papier boot.
Dit vedwyn soes ʼn arend wat op sy prooi needuik. 

27 Al sê ek dat ek sal met al my gekla ophou,
en ek sal ophou innie ronte loep met ʼn lang gesig,
en hêppier wies,

28 is ek nog steeds bang vi die swaakry
wat nog voolê. Ek wiet, Jirre, dat U nie dink
dat ek onskullig issie.
29 As ek dan nou klaa skullig is,
hoekô moet ek dan nog warrie
om moeite te doen?
30 Al was ek my met siep,
en al skrop ek my hanne met stêk wassiep,
help dittie
31 wan U sal my tog net wee in ʼn moddergat in smyt,
selfs my klere sal my haat.”

32 Job het gesê, “Die Jirre issie ʼn mens soes ek issie,
so ek kannie met Hom baklei en trugpraatie.
Ôs kan oekie hof toe gan om te kyk wie van ôs twie is reggie.

33 Ek wens daa was iemand wat ôs twie kon bymekaa bring,
en ôs kon help om vriede te maak, maa daa issie soe iemantie
wat kan besluit oo ôs se saakie.

34 Ek wens vêder dat die Jirre sal ophou om my te slat. Ek willie
langer soe êg bang wies vi Hommie.
35 Dan kon ek met Hom praat sonner om bang te wies,
maa soes dinge nou gat, kan ekkie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top