Bybel in Kaaps: Job 6

  • 0

Job Antwoort

Daana het Job beginte praat en hy’t gesê,

2 “ Ek wens my groot seer kan gewieg wôt,

Ek wens al my swaakry kan op ʼn skaal gewieg wôt,

3 Ek is dood sieke dit sal meedere wieg as allie korrels sand

by die see.

Ek het gedink voo ek gepraat hettie,

4 wan die Almagtige het my met Sy pyle geskiet,

en ek moet die gif van die pyle drink.

God se veskrikkinge is op my gerig.

5 Sê my, skrie ʼn wille donkie as dit gras het om te ietie?

Skrie ʼn bies as dit klompie kos het?

6 Wôt kos wattie smaak hettie sonner sout geiet?

Is daa ienige smaak innie wit van ʼn eier?

7  Ek weier om sulke tiepe kos te iet.
Dis kos wat my siek sal maak.”

Job vra hoe hy nog kan anhou liewe

8 “Ek wens dat God my kan gie wat ek vra!

Ek wens dat Hy sal doen wat ek wil hê!

9 Ek wens Hy wil my net stukkend trap!

Ek wens Hy kan net my liewe afsny!

10 Dan sal ek tevriede wies,

my pyn sal anhou, maa ek sal nog altyd bly wies,

wan ek hettie die woorde heilige God vestootie.

11 Ek is soe swak dat ekkie eens mee hoep hettie.

Wat is daa dan nog om voo te liewe.

12 Is ek dan soe hard soes klip?

Is my liggaam dan gemaak van koper?

13 Niee, ek hettie die krag om myself te helpie.
Alle hoep van sukses was van my af weg geniem.

Job sê sy vrinne is ontrou

14  ʼn Mens moetie ophou om goedhartig

vir ʼn mens se vrinne te wiesie. 

Wie oekal dit doen hettie mee respek virrie Almagtige Eenie.

15 Maa my vrinne het opgehou om goedhartig te wies vi my.

Hulle is soes stroempies wat net siekere tye vannie jaa vloei.

16 Wannerie ys ennie sneeu smelt

dan vloei die waterstroeme,

17 maa wanner dit warm wôt, dan vloei die waterie meerie,

en die stroempies droeg op. 

18 Mense wat veby die stroempies veby kô op die pad,
gan na die stroempie toe, maa hulle kry niks waterie,

en hulle gat dood vannie dôs.

19 Handerlaars uittie lande van Tema en Skeba hoep

dat hulle daa water sal kry,

20 maa hulle bly dôs, hulle het water kô soek,

maa hulle het niks gekry nie.

21 En nou, my vrinne, het julle my oekie gehelpie.

Toe julle sien hoe sleg dit met my gan, het julle bang gewôt.

22 Is dit ommat ek vi julle gevra het om iets vi my te gie?

Het ek jull gevra om omkoepgeld te betaal om my vry te maak?

23 Het ek gevra dat julle moet help lat ek kan vry wegkô van ʼn vyand af?
Het ek julle gevra dat julle my moet loskoep van wrede mense af?”

Job sê hy het nog altyd reg gedoen

24  “Julle moet my sê wat ek moet doen,

dan sal ek my mond hou.

Wys my wat ek vekeet gedoenit,

sê julle vi my dit.

25 Hoe kragtig is eerlike woore!

Maa die goed wat julle vi my sê betieken niks.

26 Dink julle dat die dinge wat ek sê vekeet is?

Sien julle my hoepelose woore asof dit niks anners as wind issie?

27 Julle sal lootjies trek oor ʼn wieskind, maa julle sal julle vrinne vekoep.

28 Maa kyk my nou in die oë, sal ek vi julle ʼn liegstorie vetel?

29 Hou op om my te beskuldig, julle moet ophou, ek het nog net altyd reg gedoen.

30  Het my mond ienige iets vekeert gesê?
Sê my lippe dinge wat vol haat is”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top