Bybel in Kaaps: Job 3

  • 0

Job 3

1 Na die siewe dae het Job sy mond oepgemaak en beginte praat. Hy hettie dag toe hy gebore was, vevloek. 2 Job het gesê:

3 Ek wens die dag van my geboorte was nooit daa nie. Ek wens die nag het nooit gekô toe iemand gesê het daa is ʼn seun gebore nie.

4 Ek wens daai dag het donke gebly. God daaboe moes nooit daai dag vi my gegie hettie, daa moes nooit lig op daai dag geskyn hettie.

5 Daai dag moes donke gebly het, pikdonke, en wolke moes dit toegemaak het, die son moes donke gebly het.

6 Daai nag moes pikdonke gebly het, dit moesie een vannie dae vannie jaar geraak hettie, dit moesie ʼn dag in ʼn maand geraak hettie.

7 Daai nag moesie laaste nag gewies het, niemand moes op daai nag bly gewies hettie.

8  Die mense wat wiet hoe om dae te vevloek, die mense wat wiet hoe om die Leviatan wakke te maak, hulle moes oek daai dag vevloek het.

9 Die sterre wat vroegoggend beginte skyn het, moes donke gebly het. Dit moesie lig gewôd het toe die nag gewag het vi die lig van die vroeë oggentie.

10 Maa hoekô? Wan die nag hettie gekee dat ek gebore wôd en beginte swaakry nie.

11 Hoekô het ek maa nie voo geboorte dood gegannie? Of hoekô het ekkie dadelik doodgegan na my geboorte nie?

12 Hoekô het my ma my op haa knieë gesit en my lat drink?

13 As dittie gebeer hettie, dan sal ek stil in die graf gelê het, dan sal ek nou geslaap en gerus het,

14 saam met konings en die slimste mense op die aarde, die mense wat plekke vi hulleself van hoepe klippe gebou het.

15 Dan het ek geslaap en gerus saamit die belangrike mense wat huise vol goud en silwe gehad het.

16 Of hoekô was ek oekie weggestiek in die grond soes ʼn doodgebore babatjie nie, soes ʼn kind wat nooit die lig gesien hettie?

17 Daa in die doderyk kan die mense wat vekeere goed doen, nie mee proebleme maakie, en daa rus amal wat moeg is.

18 Daa kan alle gevangenes rustig en stil wies; hulle hoorie mee hoe die slawedrywers op hulle skrie nie.

19 Daa is kinnes en grootmense saam, en die slawe is daa vry van hulle eienaars.

20 Hoekô het God lig gegie vi iemand wat net swaakry?

Hoekô het Hy iemand lat liewe wat net altyd ongelukkig gat wies,

21 iemand wat wens dat hy sterf, maa die dood kommie?

Hoekô lat God iemand liewe wat wil doodgan, vi iemand wat vi die dood soek meeran as vi kosbare goed,

22 iemand wat baie bly sal wies wanner hy innie graf kan gat lê?

23 Hoekô lat God iemand liewe wattie wiet wat met hom sal gebeerie, ommat God hom van alles afgesny het?

24 Om te sug en te kla het my daaglikse kos geraak, my steune en kreune tap soes water uit my uit.

25 Wan ek was bang vi baie goed, en die goed waavoo ek bang was, het alles met my gebee.

26 Ek het gien vriede, ek het niks stilte nie, ek kannie russie, ek hou an om bekommerd te wies.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top