Bybel in Kaaps: Openbaring 3

  • 1

Die boodskap an Sardis

3 Skryf annie engel vannie kêk van Sardis. Soe sê Hy wattie siewe gieste van God ennie siewe sterre vashou. Ek ken hoe djy wêk en waa djy stap. Ek wiet oek dat djy davoo bekend staan dat djy liewe, maa djy’s dood.

2 Skrik wakke en maak reg wat nog oo is, wan selfs wat oo is, is ampe dood. Die manier hoe djy angan issie goed genoeg innie aangesig van my God’ie. 3 Gat trug na wat djy eeste gehoo en gegloe het, hou styf vas daa an en bely van dit af en draai trug na My toe. As djy nie wakke skrikkie sal Ek skielik op jou afkô soes ʼn dief.

4 Nog steeds is daa som innie kêk van Sardis wattie hulle klere besmet het met boosheitie. Dis hulle wat saamit My in wit klere gat stap, wan hulle is dit wêd. 5 Amal wat anhou oowin sal net soe in wit klere angetrek wôd. Ek sal nooit hulle name uitie Boek vannie Liewe uit vieë nie, maa voo my Vader en Sy engele sal Ek getuig dat hulle van my mense is.

6 Amal wat ore het moet luiste narrie Gies en vestaan wat hy annie gemientes sê.

Die boodskap annie kêk in Filadelfia

7 Skryf die brief annie engel vannie kêk in Filadelfia.

Dié issie boodskap vannie een wat Heilig is, die Betroubare.

Die een wattie slietel van Dawid het.

Wat Hy oepsluit, sal niemand kan toesluitie

en wat Hy toesluit, sal niemand wee kan oepmaakie.

8 Ek ken alles wat djy doen, en Ek het ʼn deu voo jou oepgemaak en niemand kan dit wee toemaakie. Al het djy min krag gehad, het djy nog steeds vi my geluiste, en nooit vi my ontkennie.

9 Kyk, Ek sal daai mense foseer vannie sinagoge van Satan wat maak soes hulle Jode is, maa wattie issie, om voo jou voete nee te buig en te erken dat Ek julle liefgehad het.

10 Ommat djy na my geluister het om vas te hou en deu te druk, sal Ek jou beskerm deurie groot tyd van toetsing wat virrie hele wêreld voolê, deurie tyd wanner allie bewoners vannie aarde getoets gat wôd.  

11 Ek kô gou. Hou vas an dit wat djy het, soedat niemand jou kroon van jou af kan vattie.

12 Amal wat anhou oowin, sal pilare innie Tempel van God raak, en hulle sal nooit daa uit gat nie. En Ek sal op hulle die Naam van God skryf, en hulle sal bewoners wies innie stad van my God, die niewe Jerusalem wat saam my God uitie hiemel uit gat kô. En ek sal oek my niewe Naam op hulle skryf.

13 Amal wat ore het, moet luiste narrie Gies en vestaan wat hy annie kêke sê.

Die boodskap annie kêk in Laodisea

14 Skryf dié brief annie engel vannie kêk in Laodisea. Dié issie boodskap vannie een wattie Amen is, die getroue en betroubare getuie, die oosprong van God se niewe skepping.

15 Ek ken alles wat djy doen, dat djy nie warm of koud issie. Ek wens djy was eeder warm, of koud. 16 Maa sien, djy is soes louwarm water, nie warm of koutie, Ek is oppie punt om jou uit my mond uit te spieg. 17 Djy sê: “Ek is ryk. Ek het alles wat ek wil hê. Ek het niks anners nodigie.” En djy beseffie dat djy ellendig en ongelukkig, en armsalig en blind en kaal issie. 18 Soe Ek gie jou die raad om by My goud wat deu vuur skoongemaak is te koep, soedat djy ryk kan wôd. En koep oek vi jou wit klere by My om an te trek soedat djy nie hoef skaam te wies ommat djy kaal issie, en oegsalf vi jou oë soedat djy wee kan sien. 19 Ek dissiplineer en straf amal wat Ek liefhet. Kry liewe en draai weg van jou onveskilligheid. 

20 Kyk! Ek staan byrie deu en ek klop. As djy My stem hoo en djy maakie deu oep, dan sal Ek inkô en ôs sal ʼn iete deel as vrinne. 21 Hulle wat anhou oowin, sal saam My op My troon sit, net soes ek oowin het en saam my Vader op sy troon gat sit het.

22 Amal wat ore het moet luiste narrie Gies en vestaan wat hy annie kêke sê.

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Pieter. Kroutz

    Alles is KAAPS: Worcester-Kaaps; Paarl-Kaaps; Tulbagh-Kaaps; B/Wes-Kaaps; Oudtshoorn-Kaaps; Skiereiland-Kaaps ...
    Ons spreektaal! so lekker, so mooi - Net die sprekers van KAAPS sal verstaan. Lekker sonder spelreëls! Dit is net klankreëls wat geld! Die klankreeks verskil van streek tot streek en van spreker tot spreker. Lekker Olivia!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top