Bybel in Kaaps: die gelykenis van die saaier

  • 0

13 Daai selle dag het Jesus uit die huis uit gegan en Hy’t langs die sieë gat sit om die mense te lee. 2 Die mense het soe baie geraak om hom dat hy later in ʼn bootjie gan sit het, terwyl die mense voo hom op die strand gestaan het. 3 Hy’t vi hulle baie dinge in gelykenisse vetel, en Hy’t gesê, “ʼn Boer het uit gegan om sy saadjies te saai. 4 Soes hy sy saadjies gesaai het, het som van die saadjies in die paadjie geval en die voëls het gekô en dit opgevriet. 5 Som van die saadjies het op klipperige grond geval, waa daa nie baie grond wassie. Die saadjie het gou opgespring, wan die grond wassie diepie. 6 Maa toe die son op kom, was dit te warm en die son het die klein plantjies gebrand, en hulle velep geraak wan hulle hettie wortels gehattie. 7 Die anner saadjiets het tussen die dorings geval, maa die dorings het groot geraak en hulle het die plantjies dood gewurg. 8 En die anner saadjies het op vrugbare grond geval, en dit het mooi gegroei, die een plant het 100 kee meer gegie as die een saadjie wat geplant was, ʼn anner plant het 60 kee meer gegie as die saadjie wat geplant was, en ʼn anner plant het 30 kee meer gegie as die saadjie gegee geplant was. 9 Wie ore het lat hulle hoo.”

10 Sy dissiepels het na hom toe gekô en hom gevra, “Hoekô praa U met die mense in gelykenisse?”

11 Toe sê Hy, “Wan die kennis van die geheime van die koninkryk van die hiemel is vi julle gegie, maa nie an hulle nie. 12 Wie baie het sal nog meedere gegie wôt, en hulle sal oogenoeg het. Maa hulle wattie hettie, dit wat hulle het sal weg gevat wôt van hulle af. 13 Dis hoekô Ek met hulle in gelykkenisse praat.

Wan al kan hulle sien, sien hulle nog steeds niks,
Wan al hoo hulle, hoo of vestaan hulle nie.

14 Dis waa wat die proefeet Jesaje geskryf het oo hulle. Hy’t geskryf,
“Julle sal hoo en hoo, maa nooit vestaanie,
julle sal kyk en kyk, maa julle sal niks sienie.

15 Wan die mense se harte het hard geraak,
hulle luisterie mee met hulle ore nie,
en hulle het hulle oë toe gemaak.
anners sal hulle kan sien met hulle oë,
en anners sal hulle kan luiste met hulle ore,
en vestaan met hulle harte.
En trug draai na my toe lat ek hulle kan gesond maak.

16 Maa geseend is julle oë wan hulle kan sien, en julle ore wan hulle hoo. 17 Wan ek sê vi julle nou, daa is baie proefete en mense, wat gehoosaam was an die wette van die Jirre, en wou sien wat julle sien, maa het dittie gesienie, en wou hoo wat julle hoo maa het dittie gehoo nie.

18 Dis hoekô julle moet luiste en vestaan wat die gelykenis betieken, 19 As daa ienige een die boodskap van die koninkryk hoo en dittie vestaanie, dat kô die bose een en steel wat in hulle harte gesaai was. Die is die saadjie wat gesaai was op die paadjie.

20 Die saadjie wat op die klipperige grond geval het vewys na iemand wat die boodskap hoo en dit met blydskap ontvang. 21 Maa omdat hulle nie wortels hettie, hou hulle net uit vir ʼn kôt tydjie. Hulle hoo en gloe die boodskap maa wanner mense hulle vestoot en hulle beginte kry swaa dan hou hulle op gloe. 22 Die saadjie wat tussen die dorings geval het vewys na iemand wat die boodskap hoo, maa hy’s gewarried oo wêrelds dinge en hoe ryk hy kan wôt. Dis hoekô die boodskap nie sy liewe kan changie soes die saadjie wat vrugte dra nie.

23 Maa die saadjie wat op die vrugbare grond val vewys na iemand wat die boodskap hoo en dit vestaan. Dis die een wat se liewe deu die boodskap veanner wôt, soes die saadjie wat baie plante gie, by som mense gie dit 100 plante meer as die saadjie wat gesaai was, by som mense gie dit 60 plante meer as die saadjie wat gesaai was, en by som mense gie dit 30 plante meer as die saadjie wat gesaai was.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top