"By jou" deur Jacques van der Westhuizen

  • 0

Geskryf vir: BlackByrd

Vers 1:
As ek in die nag verdwaal, sal jy kom om my te haal
As ek jou nou sou vra
Sal jy my dan net daar los, lei jy my nog om die bos
Of is daar plek by jou

Refrein:
Ek is nog so lief vir jou
Saam kan ons ’n toekoms bou
As ek jou dan net kan kry
Kan jy in my hart kom bly

Vers 2:
As ons dan so deur die nag, op mekaar sal sit en wag
Dan kom ek terug na jou
Is jy dan nog lief vir my, jy kan my dan nou kom kry
As jy my nou wil hê

Refrein:
Ek is nog so lief vir jou
Saam kan ons ’n toekoms bou
As ek jou dan net kan kry
Kan jy in my hart kom bly

Instrumentaal:

Refrein:
Ek is nog so lief vir jou
Saam kan ons ’n toekoms bou
As ek jou dan net kan kry
Kan jy in my hart kom bly

Vers 3:
Ek bring net die song vir jou, omdat ek nog van jou hou
Sal jy my nou laat gaan
Al die sterre in jou oë, as jy my dan net kan glo
Dan sal ek jou kom wys

Refrein: (x2)
Ek is nog so lief vir jou
Saam kan ons ’n toekoms bou
As ek jou dan net kan kry
Kan jy in my hart kom bly
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top