"By die see" deur Gerhardus Pieterse

  • 0

By die see

Hy wandel kaalvoet langs die see
Vakansiegangers draf verby
Oulike skulpies uitgestal
Die seelug is koel en vars
Seebamboes uitgespoel
ook seegras word gewaar
Wanneer skepe op die diepsee vaar
Terwyl hy op die nat sand wandel
Word iemand hartlik gegroet
ln die lug is die geur van die see
lemand sit en staar met heimwee
Hoe wonderlik is die werk van ons Skepper
Branders word gevorm sonder moeite
Baaiers baai en geniet die see
Op die rotse sit hengelaars gedwee
By die see is dit uitsonderlik
Daar is nie tyd vir kla
Almal geniet hul self terdee
Want dit is lekker by die see

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top