In afwagting maak ek die boek oop, en begin gretig lees. Vyf predikante wat nie meer glo in wat hulle verkondig nie, plus Sakkie Spangenberg, plus Lina Spies, plus vele ander wat die Christelike leerstellings, dogmas en rituele, en die Bybel bevraagteken! Sjoe!
Soos wat ek lees, maak my nuuskierigheid al meer en meer plek vir ’n oneindige groot hartseer oor hierdie mense se onnodige wroeging. Hulle het almal dringend sielkundige hulp nodig, dink ek by my sigselwers, om genees te raak van die oneindige skade wat jarelange indoktrinasie hulle berokken het. Dan eers sal hulle agterkom dat God, gode, Jesus, die Bybel, die duiwel, die hemel en die hel slegs skepping is van die menslike verbeelding, en dat dit waaroor hulle so gewroeg en gewriemel het, en waaroor hulle snags wakker gelê het, en denkskuiwe gemaak het, net ’n sak gras is.
Dis maar al wat ek wil sê.
Groete
Angus

