Springsteen kom uit sewentigs, met eerste album op langspeelplaat, The wild and innocent!
Ek het 'n paar konsert-Cd's aangeskaf, want behalwe vir ritmiese musiek, veroorsaak sy lirieke soms kontroversie! Bv “American skin”/”49 shots”! Wat min weet, is dat hy uit dieselfde era in New York kafees en kroeë dateer as bv Bob Dylan en dat beide onder leiding van Pete Seger hul musieklirieke meer betekenis begin gee het! Ek is op pad na 55 jaar en hy is baie ouer as ek!
2 Besondere liedjies vir my is 1) “Hard times” 2) “My beautiful reward”! Dis twee minder bekende liedjies, van 'n tas vol van sy musiek wat nie in Sa op radiostasies gespeel word nie!
Dan herinner die woorde van “Land of hope and dreams” my aan die soustrein kleptokrasie in Sa, met die tipe karakters op daai soustrein.
Die man is diep in sy sestigs en is nog vol testosteroon op die verhoog! Hy is nie 'n voos 'has been' soos sommige ou kunstenaars wat met 'backtracking' geld kom steel in Sa nie! Hy is egter in kategorie van musikante wat ons nooit hier te lande in Sa sal sien nie! Hy sal net te oud wees of dood wees, want ek dink nie dat ons dit kan bekostig nie!
Ek dink dat ons nog mislei word in Sa, want ek herinner my aan bekende groepe wat in vroeë tagtigs by Sun City was, bv Nazareth! Ook dat daar baie klagtes was oor Chris de Burgh se ongesinkroniseerde 'backtracking' in 1970's.
So, kleptokrasie het niks spesiaal vir ons gebring nie! Miskien om ten duurste so 'n konsert êrens oorsee te gaan beleef??
Hans

