Broke en babalas
Met ’n bottel in my hand
En ’n hart vol haat
Soek ek na jou vir goeie raad
Ek's ’n onpraktiese gemors
En ek is permanent dors
Los my ’n boodskap want al wat ek verloor het is God se vennootskap
Ek's nie ’n pessimis nie
Net ’n geforseerde realis
Sonder ’n rede vir enige vrede
En geen doel vir wat ek bedoel
Hoe laat is te laat?
Hoeveel is te veel?
Is daar nog tyd vir hoop met spyt?
Wat moet ek doen om my hier uit te kry?
Ek soek net iets wat my kan bevry!
![]() |



