"Bring Daai Pretty Face" deur Quintin White

  • 0

Bring Daai Pretty Face

Die wêreld sluk my in sonder jou
Die donker lyk sommer vuil
Die winternagte skinder van jou
tot sommiges van ons huil
Maar jy wonder
jy wonder hoe ek vaar

REFREIN:
Al wat ek vir jou kan sê, my skat
Bring daai pretty face, met daai laglyntjie wat altyd wys
Bring daai diep, donkerbruin oë, bring hulle saam vir my
Ek wil jou graag iets gaan wys
want daai woorde van jou kan ek nooit verruil

Daai road trips van ons, was niemand nooit verveeld
Daai gedagtes sal ons sukkel om weer te deel
Tog het jy daarvan gehou, om skaam te kry, skaam te kry saam met my
Soms maak jy my nog steeds staar
want jy weet jy was ook daar, my skat

REFREIN

Jy maak my deurmekaar
Ek wens die warrelwinde wil bedaar
Want ek weet ons is nie bedoel, bedoel vir mekaar
en ek sal jou maar moet laat vaar

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top