Ek sal 'n gelowige Christen word

  • 13

1. As God met ’n bulderende stem vanuit die hemel praat sodat almal hom kan hoor en sê: “Sien julle bliksems nou dat ek al die tyd reg was? Daarna verander hy alle lewe weer in sponse, en begin van vooraf.

2.  As die klomp Christene hier op SêNet, dis nou Kobus de Klerk, Cornelius Henn, et al, begin sin maak.

3. As mense se afarms en -bene weer aangroei.

4. As die woorde “Ontwerp deur God” in die DNA-kode verskyn.

5. As Jesus en Mohammed terugkeer en die ou sakie  met bokshandskoene by Sun City betwis. Wenner vat al die siele (of is dit nou geeste?)

6. As Jesus keer terug en sê: ”Ek het julle mos gesê die Mormone was reg: een man, tien vrouens.”

7. As die sterre een aand op ’n wolkelose hemel herrangskik sodat daar geskryf staan: God is die pappa van almal.

8. As al die dominees van die NG-kerk gay is.

9. As die fossiel van ’n megalosaurid Sciurumimus ontdek word met die fossiel van Homo sapiens in sy maag.

10. As dit reën na ’n biduur vir reën.

11. As God ons Boere ( en sommer ons ander ook wat nie boer nie) beskerm teen moordenaars.

12. As God elke kind se magie vul voordat hy gaan slaap.

Groete,

Angus

  • 13

Kommentaar

  • 11-10-2013

     

    Broeder Angus

     

    Sjee my die jaartal vannie Groot Knal en ek ewolueer tot Groot Knal-gelowige.

     

    Kobus Faasen

  • Chris Dippenaar

    ....

    13. As 'n slang met my begin gesels

    14. As sterre begin beweeg en tot stilstand kom oor huise

    15. As die son verduister word vir drie ure met volmaan

    ....

  • Chris Dippenaar

    ...

    16. As Kobus sê God bestaan nie en alles in die Bybel is 'n klomp nonsens. Dit sal ten minste beteken dat Satan bestaan.

    ...

  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

     

    Dis sekerlik baie waar as jy geloof op slimmighede en Spirituele Intellligensie moet grond.

     

    Dis sekerlik nog meer die waarheid as jy jou ore aan ware gelowiges moet uitleen wat die Bybel as Jesus Christus - die Woord van God - verheerlik.

     

    Ergste natuurlik as jy vir hul "liewe ekke veldtogte" moet val (soos die werf se nimlike Trienie Mahne ongelowige harte vir haar pot vang - mog jy tog nooit daarin omkom nie)!

     

     ... en as dit moes, sou ek dan nie eens 'n ongelowige Christen wil wees nie!

     

    Maar, dis die vrede wat jy mag het; dat onse lewende Skepper, self geloof in jou hart sal bewerk - waar, wanneer en hoe God dit ookal wil.

     

    Dis genadiglik nie nodig vir my om sin te moet maak, of om 'n Christen te moet wees nie (iets waarvan ek lank gelede reeds verlos is).

     

    Namaste!

     

    Cornelius Henn

     

  • Pieter Redelinghuys

    Hello Angus,

     

    Ag nee, Angus, nou verwag jy darem té veel van 'n magtelose, impotente god wat boonop ly aan 'n erge graad van narkolepsie. Ek sou in God glo as hy die Japanese kinders gespaar het in Hiroshima veral van die ontsettende lyding wat hulle moes verduur na die ontploffing, en as hy die grootste Katolieke Katedraal in die stad gespaar het van totale vernietiging.

     

    As hy sy eie volk gered het uit die kloue van die Nazis, en die slagting van die Huguenote op St. Barthalomew-nag in 1572 verhoed het.

     

    Verder sal ek jou nie langer verveel nie met die lang lys van verskriklikhede wat 'n ware lewende God wie se wysheid, almagtigheid en alomteenwoordigheid besing en geprys word in die kerke vandag.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Wanneer ek 'n 'first edition'  van 'die woord' 'signed by God' kry. Ek dink CLR moes maar desnoods uiteindelik aanvaar dat Kobus bedoel die Bybel met 'die woord' ... en 'n register van die 'miljoene katolieke' ook afgteken deur God ... en onder die mikroskoop 'Made by God', nie net DNA nie maar alles met 'n nota 'shipped from heaven' ingesluit .... en die aksyns reeds betaal

     
     
  • Beste Angus
    As is verbrande hout. Jy soek nie God maar 'n sekuriteitsmaatskappy en 'n wonderwerker. Jou begrip van Christenskap is maar taamlik beroerd en al jou wense is net wat dit is wensdenkery.

  • B'ste K'bus F'sen,

    'n J'rtal k'n 'k jou n' g' nie,
    w'nt toe h't d' aard' nog n' g'draai n'.
     
    Gr'te,
    'ng's
  • Angus Pieter Chris en Wouter

    Ek kyk nou die dag die video van daardie Maher-kêrel wat iemand hier gepos het, kan nou nie presies onthou wie dit was nie.  Baie spitsvondig, hierdie Maher, ek het lekker gelag.  Maar dit tref my toe, weer eens, soos hierdie briewe en kommentaar van julle, dat ateïsme wel 'n religie is (ten spyte van Maher se protes) en wel uit hoofde van die feit dat dit aktief verkondig word.  Maher, en julle, kom sporadies op met julle redes hoe belaglik godsdiens is en, by implikasie, hoe wys en verlig dit sal wees om julle siening te aanvaar.  Dit is 'n missie by julle, julle spandeer tyd en energie om julle sendingwerk te doen.  Onbaatsugtig, julle verwag niks van die lesers nie, net dat hulle julle moet glo.

  • Beste Jan Rap,

     
    Christene het die woorde "glo" en "geloof" op die brein. Dit kan misleidende woorde wees, want dit is skepping van die menslike verbeelding. Ons ateïste hou van die woord "weet'.  Ons wil hê die ander mense soos Christene moet 'n bietjie vir hulle self dink; dis al. Hulle moet nou loskom van die idee om net soos die dominee te dink. 
     
    Sal dit nie wonderlik wees as Ateïsme ook ten minste soos 'n godsdiens georganiseer kan word nie? Dink net daaraan: pragtige katedrale, paleishuise (soos waarin  dominees en teologieprofessore in bly), erreplane motorkarre, gratis brandstof en dit alles BELASTINGVRY!! Al wat ons moet doen, is ons moet vir ons 'n heilige boek kry en een of ander gees of spook, waarvoor ons dan kniel.
     
    Groete,
    Angus
  • Hello Jan Rap, 

     
    Maher is uitstekend en het ek na aanleiding van Leon Retief se brief weer ingeskryf op Real Time van Bill Maher, sy program op HBO. 
     
    Kan jy nie sien hoeveel beter die beskawing sonder godsdiens sal wees nie, vol redelike, wel ingeligte, oopkop mense nie? 
     
    Beteken dit, jy kan dit nie sien nie? 
     
    Dan is jy regtig gebreinspoel...
     
    Ek grap net....
     
    Vir die rekord ek het geen wens dat 'n persoon soos ek moet dink nie en doen ek ook nie 'sendingwerk' vir ongeloof nie, 'n kontradiksie in terme as daar nou nog ooit een was, in teendeel ek het respek vir gelowiges en is daar geen twyfel in my gemoed oor die intelligensie van 'n gelowige, my familie is gelowig en van my beste vriende is en is ek die enigste ongelowige in al my kringe maar omrede ek so omring word deur gelowiges het ek baie goeie verhouding met geloof. 
     
    Die enigste aspek van geloof wat my dwars in die krop steek, is die 'regse en histeriese gekkegrens van gelowiges, 'n Falwell, 'n Pat Robertson, daardie eng gelowige wat 'n idee van die bestaan komende van die bronstydperk op die moderne mens probeer afdruk en daarmee hulle eie empatie vir die verskeidenheid van menswees prys gee en erg onderdrukkend raak. 
     
    Dit is die enigste tipe gelowige wat ek nie kan verduur nie en dan hier, Henn wat 'n maaksel van sy eie as 'n entiteit wat werklik bestaan probeer verkwansel en dink die mense is dom genoeg om dit te glo en dan soms Kobus ook, maar is die ooreenkoms dat ons verskil, maar tog hou ek van Kobus, hy was baie 'nice' met my, met my HIV diagnose en na dit hoe kan ek hom haat, en dan is dit os 'n afskuwelike woord in elk geval? 
     
    So, godsdiens, is vir my nie die vyand nie, en stel ek daarin belang soos ek in enige ander onderwerp belangstel. 
     
    Ek sal wel soms, buite die werf, my menings lug, maar is ek terughoudend in die algemeen en druk ek niks in enige iemand se kele af nie en deel ek meestal nie wat ek weet nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter.
     
  • Angus, so jy glo niks, jy wéét ...
    Jy weet daar was 'n oerknal, jy weet daar is parallelle heelalle, jy weet hoe die klippe by Machu Picchu gesny is, jy weet reeds alles wat wetenskaplikes en navorsers nog glo hulle kan bewys.  Lekker man, lekker.
    Terloops, jou antwoord hierbo aan Kobus Faasen was kostelik.  Alhoewel bietjie sarkasties was dit só goed ek is seker hy kon ook nie anders as om  te lag nie.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Jan,

    Daar is bewyse voor dat die oerknal plaasgevind het, daarom weet ek dit het, totdat jy met bewyse kom wat die teendeel bewys. Die parallelle heelalle sal ek maar aan jou oorlaat om aan te glo. Die klippe by  Machu Piccho moet ek nog eers gaan ondersoek. Wat die wetenskaplikes  wil bewys is nog hipoteses; ek sal maar wag totdat dit teorieë is voor ek weet.
     
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top