Zabalazalisties kliph’rdtaai

  • 0

Millennium Drieër, g’dwienst’g, anie pak vat,
nesse drost’rslaaf, ytg’strek’p rak, reg v’r pyn,
wat na allie eeue, o Allah, nie gou s’l v’rdwyn,
“Duiw’lspiek”-siek, struktuurg’weld, in toprat

g’regt’gheidster al hoe doww’r, flou’r, flonk’r,
re mensl’kheid, op dees Aard, veels t’min g’wys,
meer tronke v’r bandiete as skole v’r onn’rwys,
pedagoog, pedant, skoon v’rloor in ontkendonk’r

net G’wete-herwinn’ng s’l Homo Sap-Sap mooi opkik,
sielsvreug, sup’rhartstogt’l’k, all’rgrootst’ vreug, deug,
al’s Mens, sints eksodus, yt Paradys, v’rtaxieus oorlaai

Millennium Drie, tyd v’r b’sinn’ng, v’r weeg-’n-wik,
’t oor-’n-oor, diep’r’s diep, ultra-spiritueel oorweeg,
al is’t byna onmensl’k, Zabalazalisties, kliph’rdtaai

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top