Wouter en Jan Pierewiet

  • 1

LitNet is vir my ‘n groot genieting. Kwaliteit artikels en kennis. Ekself het nooit verwag om so lank op hierdie forum te kuier nie. My swakheid – ek raak gou verveeld. Maar LitNet voorsien altyd vars en nuut.

Soms loer ek vinnig na briewe, maar wanneer ‘n paragraaf skielik ‘uitpop’ sal ek stol, stop en weer terugkeer, ‘weet’ – hier is meer. Soos Wouter se brief gister aan Jan Rap. Inteendeel, dit het selfs my aandag laas nag behou. Hy skryf:

Hallo Jan Pierewiet

Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil, goeie môre, my vrou, hier's 'n soentjie vir jou, goeie môre, my man, daar is koffie in die kan, was vir my bloedstollend aangesien ek altyd bang is, en hierdie die aanloop tot 'n moontlike verkragting was, en die onskuld in kontras staan tot die brutaliteit van 'n verkragting en aanranding en Kruger, 'n agent van die CCB is, en die geskiedenis van die CCB nou welbekend is. Net die ergste kan verwag word.

Dit was dus nie 'n geval van selfhipnose nie, alhoewel sielkundige hulp vir my algemene angstigheid iets is wat ek wel sal ondersoek. Maar hierdie is ernstige sake en moet die dreigende geweld in daardie konteks gesien word en die historiese konteks waarop dit sinspeel.

‘n Hele mond vol. Waarvan praat Wouter, ek het nie alles gevolg, maar bewys dit weereens: ons is almal ‘n produk van ons verlede. Maw ons is wie ons is agv traumatiese gebeure tydens kinderjare. Die klei wat ons binnemens en denkrigtings gevorm het.

Is daar hoop? Wouter praat van selfhipnose en sielkundige hulp (waarvan ek redelik kennis dra). Wat van ‘n ‘medium’ – kan hulle nie dalk help en ingryp nie? Ek sien hul is redelik aktief op hedendaagse skottel. My haarkapster se 25 jarige dogter is tans in die hospitaal. Haar maagwande opgevreet van dwelmmisbruik. Haar niere - ingegee. Haar grootste vrees? Om terug geplaas te word na ‘n rehabilitasie sentrum. Tog alles mooi en goeie dinge.

Daar is soveel wanhoop meneer, vernaam as jy self met hierdie dinge werk. Ek het hulle gesien, volkome genees van seer, huwelike herstel, jare se bitterheid wat verdwyn in ‘n wolk van vergifnis. Pa en seuns se verhoudings herstel. Haatdraers wat hul kind se moordenaar kon vryspreek. Verkragters wat hul saak kon regstel en vandag die draer van die ‘goeie nuus’ is. Homoseksualisme en wanbalanse wat reggeskommel is.

Dit laat my dink (glimlag) aan die dametjie wat in my kamer ingebars het so 2 weke gelede. Op soek na die stoeltjie wat ek as simbool gebruik het vir jou “stand in Christus” - jou nuwe staanplek. Ek het natgesweet in die bed gelê en rus terwyl die groepies dames ’n indiepte knie-tot-knie sessie gehad het. “Ek soek nóu die tannie se stoeltjie. Ek moet op dit staan - nou!” het sy huilend aan haar kleingroepleier gesê. Sy was klaar met haar lesbiese verhoudings.

Is dit die stoeltjie wat haar genees het? Nee. Is dit die spreker? Nee. Is dit die leiers van die kampe? Nee. Soos Psalm dit uitdruk: “Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”

Vashou - as hierdie skrywe vir jou is.

Trienie Mahne

  • 1

Kommentaar

  • Soos almal behoort te weet is die mens 'n skepsel wat erg vol draadwerk is. Ek is nie 'n sielkundige nie, en beskou dit as 'n baie interressante onderwerp. Ek is al my lewe sigometries en intellektueel (probeer) toets. Ek dink nie ek is uniek of slim of begaafd nie. Ek het ook al grondpad in my lewe gery. Ek het al voorspoed en teenspoed, versoekings, aanslae, teleurstellings en vreugde beleef. Dit is menslik. As mens hoor waaroor party mense sielkundige hulp inroep, slaan dit my dronk. Party mense het gemoedswroegings oor wat in hul kinderjare gebeur het en dit jare daarna as ekskuus vir buitengewone gedrag gebruik. Ander het weer huidige probleme waarmee hulle sukkel. Baie mense sal van my verskil. Het jy al op jou kniege gaan staan en vir hulp gevra? Die ongelowiges sal dit nie verstaan nie, sorrie vir hulle, maar ek het baie van my eie probleme deur gebed oorbrug. Elke krisis wat ek in my lewe beleef het, kan ek duidelik uitwys. My verhouding met die Hemelse Vader was op daardie stadium nie reg nie. Ek het soos die Ingelse sal seg. "Get over it" en aanbeweeg. Dit kan ek jou verseker, dit is nie 'n kitsoplossing of maklike pad nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top