Wet-in-Boek

  • 0

b’roerd, situasie, krities, Millennium Drie Krisis,
aysh, hys-pondok-paleis, struktuurg’weldsvleis,
sapp’g, Braaidagl’k, g’brayi, so hell’r oordag,
vryheid, v’n vryheid, vryheid v’n uitdrukk’ng

oud-onn’rdrukk’r vrees nu neo-onn’rdrukk’r,
kanti, dinge’s nie in plek, party g’hou v’r gek,
med’rheid onnod’gl’k in krep’rasie moet vrek,
sonn’r transformasie, v’rsoen’ng, herstell’ng

soos Lord Ganesha, nu totte karikatuur v’rned’r,
nes “Boesman”, “isiBhulu”, g’d’gradeer, v’rlaag,
Jood sjelt maak yt Hindu, et al, se pyn, ai-jai-jai,
wens Mens “Boesman-”, “Hotnotsland” in’l mai

slat Mens Mens Selw’rs mette vrot papsaksnoek,
sonn’r idee v’n medemensl’kheid, Wet-in-Boek

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top