Wat’s fout met my?

  • 1

My vrou stuur nou die dag vir my 'n skakel oor breintoetsing. Is jy regter of linkerbrein georienteer.

Ek "toets" myself toe en behaal toe 'n 71% regterbrein funksionering. Daar is toe 'n magdom ander soortgelyke skakels en almal dui daarop dat ek regterbrein is. Ander toets resultate wissel toe tussen 59 en 71%. Ek lees toe die eienskappe van 'n regterbreiner. Stem nogal ooreen dink ek. Daar gelaat.

Ek swerf toe rond en sien "Adult ADD". Maak die skakel oop en "toets" myself ook.

Die diagnose is en ek haal aan, "you need urgent profesional help".

Ek slaap nie die nag nie. My brein, die deeltjie wat oortyd werk wil nie tot rus nie. Ek sien visioene van mense wat my vermy, ander weer slonsgatte en lieplappers jaag my, hulle wil my pelle wees.

Dinge word vir my duideliker. Ek kry gedurig die beskuldiging dat my vrou my nie wil saamvat fliek toe nie, want ek kan nie stilsit nie. Ek kyk ook nie reekse op TV kyk waar die mense te veel praat nie. Ek verloor die draad van die storie gou en staan sommer op en gaan luister musiek.

Ek en vrou bespreek toe my simptome. Ek noem dit aan haar dat ek deesdae emosies ervaar wat my laat skrik. Ek skimp toe by haar dat ons uit die grootdorp na 'n landelike omgewing toe moet trek. Hier is 'n hele paar mooi dorpe in die Middelande. Ek kan die ongepoetsheid, ongeskikdheid, ongemanierdheid, agressie en blatante afwesigheid van sosiale vaardighede nie meer hanteer nie. 'n Voorbeeld is nou die dag stamp 'n vrou my met die winkeltrollie. Kan die persoon nie voor haar kyk en 'n veilige afstand handhaaf nie. Ek het trouens nie eers tussen die rakke gestaan nie. Gelukkig het ek tot tien getel en weggestap.

Dit is vir my net 'n voorbeeld hoe mense opgebring is.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reusedwerg, dis 'n goeie brief. Die afsluiting maak my net effens naar. "Opgevoed" klink net beter as "opgebring".

     
    Ek is ook 'n hotklou en trots daarop. Ons kyk effens anders as ander mense na die lewe en dit stel ons in staat om ook 'n ander soort bydrae te lewer - 'n verskil te maak. Al is feitlik alle hulpmiddels net vir regshandiges ontwerp kla ons nie daaroor nie en pas aan. Aanpassing is tog maar die ding wat 'n mens aanmekaar moet doen van jou eerste tot jou laaste dag - en daai eerste dag was 'n helse aanpassing!
     
    Voel nou net die muis onder my linkerhand. Die regshandiges gaan hulle vrek kla as hulle aan 'n muis wat vir linkshandiges bedoel is, gewoond moet raak, maar ons loop maar die ekstra myl, sonder dat ander eers daarvan weet.
     
    Wees trots op jou linksgeit en mag dit goed gaan!
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top