Wat 'n verleentheid

  • 5

Wat ‘n verleentheid ...

... dat slegs 5 138 mense Front Nasionaal gestem het! Is dit nou nie ‘n duidelike manifestasie van die Stockholmsindroom nie? Indien nie dít nie, is dit skreiende naïwiteit; hier’s die Amerikaanse spreekwoord oor die kalkoen en Kersfees 100% van toepassing.

Mens sou nou dink dat, met die dat Afrikaans en Afrikaners so afgejak word, hulle (dit is nou die Afrikaanse kiesers) ‘n boodskap aan die regering sou wou gee, iets soos ‘skei uit, hande tuis, ons is gatvol.’ Maar nee, daar gaan staan en stem hulle toe vir volgehoue vervolging en verkragting van Afrikaans en die Afrikaner.

Wat ‘n verleentheid om die peil van insig van die wat Dan Roodt so uitkryt gade te slaan. Een ou skryf vir hom (sien Jaco se skakel) dat die “ ... DA is werklik die enigste manier om die barbare te stop.” Indien die ou met ‘barbare’ die regering bedoel; besef die stommerik nie dat die DA in effek die party was wat die regering in die saal gesit het nie?

Wat ‘n raaisel, en ‘n skande, dat ouens soos Dirk Rigter en Jaco Fourie hulle so verlekker in die Afrikaner se verwerping van ‘n volksgenoot wat sy nek uitsteek om die vervolging van Afrikaans en die Afrikaner uit te wys en ‘n einde daaraan te maak. Soos die breingespoeldes wat moddergooi (sien die skakel) bring hulle niks substansieel na die spreekwoordelike tafel toe nie, hulle speel net die man in plaas van die bal.

Daar kan net een rede vir hierdie irrasionele optrede wees; Dan Roodt se handelinge stel hulle in die verleentheid, beklemtoon die feit dat hulle die verkeerde perd opgesaal het en hierdie aaklige bed opgemaak het. Die morele moed ontbreek om te erken hulle was met slap pap onder ‘n wip gevang en al wat oorbly is om die boodskapper te stenig en voort te gaan met die charade.

Daar is een troos; mense verdien die regering wat hulle het. Ek kry dieselfde gevoel soos wanneer die Cheetahs, ‘n punt of drie voor, balbesit wegskop in die laaste minuut en dan juis daarom verloor; die verlies is nie so moeilik om te verwerk as hulle só dom speel nie, dan móét hulle maar verloor. Dit skyn of die grootste gros van ons Afrikaners smeek om afgejak te word en, almal wat kapsie maak daarteen, word verguis. Wat ‘n donnerse verleentheid.

Groetnis van nommer 5 138 (moet wees want as ek nie gestem het nie was daar net 5 137)

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • Jan,

     

    Jy's heeltemal reg dat Dan Roodt my in die verleentheid stel. Weet jy hoekom? Oor hy 'n Afrikaans-eerste taal spreker is soos ek en jy en dan 'n karikatuur van ons maak met al die onsmaaklikhede wat hy kwytraak. Kry jy nie ook skaam nie?

  • CorneliusHenn

    Dis net in Dirk Rigter se logika  dat Robert Mugabe in sy gemeenskaplikheid met Ingels die Kwien in verleentheid kan stel (spreekwoordelik) ... Dirk Rigter misbruik gewoon sy gemeenskaplikheid in Afrikaans as verskoning om ander te haat ... die feit dat ek ook Afrikaans praat, assosieer my hoegenaamd nie met 'n apartheidskuld Nuwe/Neo-Afrikaner soos Dirk Rigter nie - eweneens is Dr. Dan Roodt nie naby deel van die kruipers se "ons" nie ... derhalwe, gegrond op Dirk Rigter se onthutshede assosieer ek hom eerder met die ateïstiese Noord Korea en hul leier Kim Jong-un - "tipies ateis"!

  • DAN ROODT SE OMMESWAAI

    Vir die volle berig, lees:  http://praag.co.za/?p=24626
     
    Na die aanvanklike verkiesings teleurstellings-retoriek van Dan Roodt, het hy kans gehad om te besin.  In sy jongste rubriek het hy erken Afrikaners stel nie enigsins in geografiese of politieke selfstandigheid belang  nie, en dit help nie om 'n perd na die water toe te bring as hy nie wil drink nie.

    Derhalwe, soos ek hom verstaan, gaan Praag herposisioneer word as 'n Afrikaner Taal-drukgroep, wat hom gaan beywer om Afrikaners (afgesien van hulle politieke voorkeur) meer bewus te maak van hulle taalregte, en hulle te probeer aanspoor om vir sodanige regte in die samelewing op aanspraak te maak en voor te stry.

    In die proses, het hy aanvaarding vir die konstitusie ook uitgespreek.

    Hierdie nuwe wending is prysenswaardig indien daar nie 'n gesluierde agenda bykomstig is nie.   Ek sou aanbeveel dat hy met die Afrikaanse Taalraad saamwerk.

  • CorneliusHenn

    Beste Jaco, konserwatiewes soos ekke sal nie die Afrikaanse weg saam met Dr. Roodt of enige ander taalstryder bewandel nie ... ek vat hande met enigeen - Hindoe, Moslem, Jood, Katoliek, Protestant, Griek, Ingelsman, Rus, Chinees, Japanees ensovoorts,  wat met respek na my erfenis aan die Voortrekkermonument, Vrouemonument en Bloedrivier kan kyk - ongeag die taal wat hulle brabbel ... die Taalmonument had nog nooit  persoonlik vir my enige sentiment nie - derhalwe, ek Kaaps, Namakwa, Griekwa ensovoorts, ewe veel as "Standaard Afrikaans" respekteer ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top