Die debat is al tot vervelens toe gevoer. Sedert die ontstaan van die mens gaan die gesprek al aan. Ek praat nie uit die huis uit nie maar ek kan die storie wragtag nie los nie.
Die Ingelse gesegde lui mos, "woman has no faults, men have only two, everything they say and everything they do".
Verlede Vrydag gaan my huidige vrou vir 'n knippie en kleur. Ek sit rustig by die huis en maak planne vir die naweek en hou nabetragting oor die afgelope week se gebeure, maw ek sit ek doen mooi vet nokkol.
Ek hoor die hek oop en toegaan en nie lank daarna nie staan sy in die deur. Baie ingenome met haarself. Soos elke keer wanneer sy van die haarstileerder af kom, komplimenteer ek haar met, jou hare lyk mooi ens ens. Die Vrydag was ook geen uitsondering nie. Sy vra my toe 'n paar keer of ek regtig van die haarsnit hou waarop ek toe die aller ergste fout van my lewe maak, en vra, "het jy al daaraan gedink om jou hare hier en daar bietjie korter te laat knip?"
"Soos hoe" kom die vinnige vraag, "aag" antwoord ek, "kyk in tydskrifte of jy nie verskillende style sien nie, en besluit dan".
Die gesprek oor die hare is oor en uit. Klaar. Einde.
Vanoggend, Dinsdag 5 November 2013 staan ek en rondtrippel, ons moet nou ry, ek het 'n hele paar goed om vanoggend gedoen te kry.
Vrou staan voor die spieël. Dis 'n hierna toe en daarna toe en van hier af en daaraf kykery na die hare. Fout nommer twee in 'n kwessie van dae, "wat nou?"
"Jy hou nie van my hare nie en ek weet nie wat om daarmee aan te vang nie."
Die wang word vir my gedraai toe sy uit die kar klim. Wange en kuite gepomp.
Sal my leer, moet my bek hou. Ek weet nie of ander mans se vrouens ook die gawe het nie. Ek kan ure lank in en om die huis rondvroetel, maar sodra en my boude op 'n stoel neersit, is daar iets wat dringend gedoen moet word. Ek is seker hulle het, my vrou het in elk geval radar. Want sy weet altyd waar om my te kry as sy iets gedoen wil kry.
Reusedwerg


Kommentaar
Soos by die rolbalklub so paar jaar gelede trek 'n ou my nader en vra "wat sien jy anders aan my vrou", die staan langs hom, glimlaggend. Ek kyk haar op en af en haar glimlag word by die minuut breër, ek verwag eintlik sy gaan uitbars van die lag.
"Sy't nuwe tande!" sê ek, bly dat ek uiteindelik snap.
"Nee man", sie hy vieserig, "sy't 'n ander haarstyl."
En daar's hy, sy vrou en my vrou nors met my die res van die dag.
Jan Rap
(Glimlag)
Tipies!
Reusedwerg......
Jou huidige vrou ..... ! ?
O bliksem... jy verdien dit mos !
Raed-na-Gael
My huidige vrou is al 28 jaar met my getroud en is ek ook nie van plan om haar my aanstaande eks te maak nie. Sy het die afgelope 28 jaar darem met my huis gehou. Ek is nie lus vir nuwe skoonma nie. Op my ouderdom, as jy weer trou is die kans skraal dat jy nuwe skoonma gaan kry. Jy kry beslis "kinners" by, en ek weet nie wat die ergste is nie. My skoonma was 'n gawe tannie. Die ou storie is mos die ou kla oor sy skoonma. Sy pel seg ja, ek is gelukkig, my skoonma is 'n engel. Ja beaam sy pel, jy kan gelukkig wees, myne leef nog.
Beste Reusedwerg,
Hahahahahah...!!! .. sulke kommintaar van die einste Angus wat veel erger as 'n dame oor hare kan raak waar dit blyk dat hy ook nie so slim is as wat hy probeer voorgee nie ... hahahahaha!!!
@reusedwerg, soooooo bly daar is darem een man wat die reël tot 'n goeie huwelik ken (lol). Dit verklaar die 28 jaar. Doen so voort.