Wat is die Afrikaners se rol?

  • 3

Jaco, dit was 'n heel interessante brief van jou. Ek ken toevallig die persoon. Sy ouers was jare aan my ouers bekend. Hy is vir my die sprekende voorbeeld van hoe die blankes en die Afrikaner in die land moet optree. Hy het nie in sak en as gaan sit nie. Hy het die besluit gemaak om homself onmisbaar in die land te maak. Deur harde werk het hy bereik wat hy het. Hy verskaf werk/arbeid aan baie. Sy impak op die omgewing is groot. Dit was nie alles maanskyn en rose nie.

Ek het ook in kringe beweeg van beswaardes en wroegelaars en alles en almal om my die skuld gegee totdat 'n goeie vriend eendag vir my gesê het. "I walk alone, I cry alone and I laugh alone". Niemand gaan na my gekla (daar is 'n ander woord) en kerm luister nie. As ek nie van my stert af opstaan en iets vir myself gaan doen nie, gaan ek krepeer en al die kermgatte gaan saam met my onder. Die grootste probleem in die land is gesindheid. Ek klap hier na nie net die blankes nie maar na die anderskleuriges ook. As jy 'n gemoedsbekakking het, ruk jouself reg, soos die Ingelse sê "get over it".

Ek was die naweek by my Ingelse vrou se tante se taggentagtigste verjaarsdag koek en tee. Een van haar ooms wat ook toevallig 'n boer is was ook daar. Hy is ongeveer sewentig jaar oud. Hy is tans besig met beplanning om R30 miljoen se uitbreidings op sy plaas aan te bring. Hy het 'n positiewe gesindheid en sê hy het nie tyd om te wroeg en te kerm nie. Sy uitkyk het my weereens laat besef as jy op jou stert sit, verveeld is en ledige tyd op hande het, dink jy te veel en jou kop raak warm.

Ek glo daaraan dat as jy saam met die honde lê gaan die vlooie jou bykom. Ek sê nie alles is maanskyn en rose nie. Ek kritiseer ook die "verval" van die land. Ek praat allermins wat op die stadium aan die gang is goed, maar kyk wyer, daar is geleenthede wat benut kan word. Maak jouself onmisbaar.

Daar was 'n ou in Amerika wat een of ander parlementslid gevra het of hy vir die lede van die Amerikaanse regering bid. Nee antwoord hy, as ek so na die lot kyk bid ek vir die Amerikaanse volk.

Reusedwerg

  • 3

Kommentaar

  • George Bekker

    Reusedwerg dit is 'n reuse bydrae en bring ons in die regte stemming vir die nuwe jaar. Dis verby met Zuma.

  • Reusedwerg

    Ek vind hierdie brief van jou die beste ooit.  Absoluut positief gesind.

    Ek lief veral waar jy skryf: "Een van haar ooms wat ook toevallig 'n boer is was ook daar. Hy is ongeveer sewentig jaar oud. Hy is tans besig met beplanning om R30 miljoen se uitbreidings op sy plaas aan te bring. Hy het 'n positiewe gesindheid en sê hy het nie tyd om te wroeg en te kerm nie."

    Mag al ons Afrikaners streef na sodanige gesindheid

  • Reusedwerg,

     
    Geluk met 'n uitstekende, positiewe bydrae. Die Afrikaners (en die Ingelse, soos jy sê) sal help om dié land regop te hou. Trouens hulle lewer reeds 'n onmisbare bydrae. Jy's heeltemal reg. 'n Mens kan aan die een kant die verval kritiseer én terselfdertyd met 'n positiewe gesindheid help opbou. 
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top