Wat is aan die gebeur?

  • 0

Ek was gisteraand by 'n sosiale geleentheid neffens Durban. Die meeste van die manne daar in die omgewing werk vir AECI en of TOYOTA. Gawe ouens. Knak 'n paar biere en raak soos dit met meeste geleenthede gaan, aan die gepraat oor die situasie in die land. Die gesprek het nie oor die normale gekla en gekerm gegaan nie. Die manne is erg bekommerd en onrustig.

Een van die ouens vertel my wat met een van die manne daar teenwoordig, 'n werknemer van Toyota gebeur het. Die ou ter sprake is een van die senior manne by die aanleg in Durban. Hy vertel my dat die man een oggend sy kantoor instap en 'n oproep van die hoof Ninja van Toyota uit Japan kry. Die man in Japan seg net, I want to meet with you as soon as possible. Dit kos die man alles los en op 'n vliegtuig klim en uitbeur Japan toe. Daar aangekom is die Hoof Ninja nie baie gelukkig en tevrede met die situasie in die fabriek in Suid-Afrika nie. Hoekom is die fabriek nie aktief nie. Hy wil eerstehands weet wat die oorsaak, oplossings en strategie is wat in die toekoms gevolg gaan word. Die Hoof Ninja het hom in geen onduidelike terme laat verstaan dat Toyota SA nie die gewildste aanleg op die stadium is nie.

Die ou het ook al in Suid-Korea 'n draai gegooi. Hy het te vertelle daar is gegradueerde meganiese ingenieurs wat twaalf ure per dag werk en die ekwivalent van $1200 (Eenduisend tweehonderd VSA Dollar) per maand verdien.

Die manne is bekommerd oor die toekoms. BMW SA staar blykbaar die realiteit in die gesig om enige verdere uitbreidings te verloor.

Die harde realiteit het die mense in die land nog nie getref nie. Dit is nie net nie in die massas se verwysingsraamwerk hoe 'n ekonomie werk nie. Wat my die ergste de moer in maak is die manne wat in beheer van die vakbonde is. Die heer Patrick Craven en ander manne soos Alec Irwin (Irwin was 'n groot hond by COSATU voor hy parlement toe is) en sy trawante wat die massas opgesweep het met sosialistiese retoriek en intussen soos die grootse kapitaliste in luuksheid leef.

Jy kan nog wegkom om ander, daar is toevallig nie baie, motorvervaardigers in die land kwaad te maak, maar as jy die Germaan en die Japanees moerig maak gaan jy aan die korste end trek. Al wat die motorreuse moet doen is skuif die fabrieke net Oos-Europa of Asië toe.

Ek dink dit is waar Billy Rautenbach se probleme begin het. Hy het mos of wou 'n Hyundai-fabriek in Botswana vestig. Toe raak die mense mos hier gulsig en kom met niehaalbare eise. Wat is die maklikste, jy kriminaliseer jou opponent.

Ons sal maar wag en sien. Die massas gaan een dag wakker skrik en dan is dit te laat, weet net nie vir wat nie.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top