Hierdie vraag hoor mens nou al hoe meer deesdae. Dinge in die nuwe bedeling werk nou só:
Daar ontstaan 'n four corp (verskoon die Engels) as gevolg van die wegholonbekaamheid in hierdie nuwe bedeling en sodra jy hierdie four corp uitwys, word dit 'n 'uitdaging' (gewoonlik 'n 'challenge') genoem en die skuld word dan na jou (Jan Alleman, Joe Bloggs, Jan Rap en sy maats, Joe Soap ens) oorgeplaas met die vraag "wat doen jý daaraan om die probleem op te los?"
Op dié manier dan is Jan Alleman, Joe Soap, Joe Bloggs en Jan Rap en sy maats dan besig om slaggate op te vul, hulle dorpe te verfraai, vullis op te tel, nagpatrollie te ry, sop en toebroodjies aan armes te verskaf, behoeftiges se skoling en opleiding te finansier en so aan. Dit doen hulle bo en behalwe hulle dagtaak wat hulle in die sweet van hulle aanskyn verrig en TEN SPYTE VAN DIE FEIT dat hulle belasting, munisipale tariewe, boetes en allerhande ander heffings betaal.
So, voor jy weer kla dat iemand kla en niks aan die 'uitdagings' doen nie; hy's nie veronderstel om iets daaraan te doen nie want daar is reeds te min werk, hy wil nie nog ander mense se werk WAARVOOR HY BETAAL nog ook doen nie.
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap,
Wat is `n four corp? Ek verstaan nie jou geradbraakte Afrikaans nie.
Charl, dis 'n fokkop.
Jy verstaan nie Charl, as Jan Rap in engels tik, beteken dit hy is woedend!
Jan skryf maar net doodgewone nuwe Afrikaans, want dit kommunikeer makliker: dis maar net die spelling wat hom soms in die steek laat. Gelukkig het hy seker vir hom 'n nuwe Afrikaanse woordelys en Spelreëls aangeskaf, want hy weet hoe om dit reg te stel.