Wapentransaksie

  • 3

Ek het, as ek reg onthou, net nadat die wapentransaksie-bom gebars het 'n brief aan Rapport geskryf. (As my geheue my nie in die steek laat nie, is dit hier om en by 1998/99) My voorspelling was dat die hele storie onder die mate ingevee gaan word.

Die storie is toe so half-half onder die mat ingevee. Ewe skielik met groot gejuig word die geraamte weer uit die kas of die stof onder die mat uitgehaal. Ek gaan my nek uitsteek en volhou by my aanvanklike mening dat die wapentransaksie se meelopers niks gaan oorkom nie. Ek dink iemand soek 'n stok om Jacob Regop mee by te kom en waarmee anders. Geen ander "skandaal" het hom gesink nie. Ek dink hier aan verkragtingsaak, korrupsie en oorspandering van belastingbetalers se geld.

Ek glo nog steeds ons sien net die ore van die seekoei. In hierdie land gaan dit geil. Wat my bekommer is dat daar een van die dae nie meer geld gaan wees om te steel nie. Ek het nie raad nie. Ek sien net een oplossing en dit is 'n verandering van regering. Die opsie is natuurlik so vergesog soos wors in 'n hondehok. Stem is nog tussen 'n swart en wit ding. Ons demokrasie is nie geskoei soos aan ons voorgehou, met "checks and balances" nie. In die geval is dit net "check your balance".

Ek lees die koerant en sien dat die wapentoerusting wat ten duurste aangekoop is, in onbruik raak agv geldtekort en instandhouding. Weet nie of Beeld se leserstalle gedaal het nie, maar die berig het beslis my aandag getrek. Weet nie hoe waar dit is nie.

Ek leef in permanente vrees dat Swaziland se vloot en Lesotho se lugmag ons binneval.

Reusedwerg

  • 3

Kommentaar

  • Vavi, soos Nixon, het 'n groot fout gemaak om te bieg en verskoning te vra; dit gaan hom, soos vir Nixon sink, heelwaarskynlik.  Hy moes gemaak het wat Zuma en die Yanks doen - ignoreer en/of ontken.  Dit lyk my dit werk.

  • Ek seg nou die dag vir iemand die hoogtepunt van eensaamheid is, jy stuur vir jouself 'n "please call me". Ek wil nie op my eie brief 'n relaas lewer nie. Na aanleiding wat Jan geskryf het, herinner dit my aan wat my skoonsus gewoonlik kwytraak. Ek stem met saam met Jan, die Yanks en die Bleekbene is meesters daarvan (ontkenning/volstruissindroom) en Jabop Regop het gou geleer. "Never apalogise, just ask for forgiveness".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top