Gebruik een van julle ooit nog vuurhoutjies?
As S&P dit gradeer sal dit dieselfde vaar as Eskom: gemors-status.
Helmine le Roux
5Gebruik een van julle ooit nog vuurhoutjies?
As S&P dit gradeer sal dit dieselfde vaar as Eskom: gemors-status.
Helmine le Roux
5
Kommentaar
Helmine le Roux
Vuurhoutjies maak nog altyd lig.
Dit is nou 'n toeval. Ek was Vrydag by mense waar die vier ander gerook het. Die een ou het te vertelle dat die sekere handelsmerk met die leeu op ook nou geteiken is deur die namaaksels van onderduimse vervaardigers. Hy sê dat wanneer jy die vuurhoutjie teen die boksie skuur breek daar in die namaaksels baie keer swael af. Die gewaarborgde/erkende vervaardiger se vuurhoutjies doen dit nie. Een van die prosesse is dat die vuurhoutjies in chemikalieë gedoop word om dit vir net vier sekondes te laat brand voordat jou vingers in die slag bly. Nooit geweet nie.
My antwoord is “Ja”. Gelukkig rook ek nie – dis die ergste dwelm wat daar is. Dis net wanneer ek iets op die gasstofie moet warm maak, agv van Eskom, dat die vuurhoutjies nader getrek word. Is heel positief daaroor – dis nou die vuurhoutjies – nie Eskom nie!! Meer as 70 jaar is dit vir my 'n bekende huishoudelike artikel en die prys het nie so drasties gestyg soos die meenste ander dinge nie. En dink net daaraan: dit het sedert die Tweede Wêreldoorlog nie verander nie! Meer as wat George Bekker van homself kan sê.
Ja, en kan 'n vuur aansteek vir kos en warm water.
Dooie vuurhoutjies maak donker. RD