g’makl’k oppie ilwimi, in neo-Afrikaan se kies,
oud-v’drukk’ngsinstrument, yt lyd’ng g’bore,
hoor Mens soms saans voorouerb’grafniskore,
wat’t Baas nu daa’ gat soek, in lyfeiene se lies?
g’sinne, families, g’meenskappe, wreed uiteen,
struktuurg’weldslagoff’rs nie lekke oppie been
lat “Boer se taal”, “isiBhulu”, “Baas-taal” was,
niemand, re uitspraak, opspraakwekk’nd v’rras
kanti, nes Üb’r-Deutsch, vannie Nazi,
medium’s ver v’rwyd’r v’n intensie
lat kultuurkreool dus vry, kanala,
v’r eeue al ampt’l’k hier, in Afrika
Afrikaan, post-v’rdeeldheid, -“ras”-’n-“klas”,
Self s’l sien waa’ pr’sies Moed’rtaal inpas
Jacobus Faasen

