Vroeë apartheid en diverse ander sake

  • 9

In 1894 het Rhodes blykbaar 'n wet laat passeer, die Glen Grey Act van 1894, wat swart mense gedwing het om arbeiders te word deur 'n belasting te hef op alle nie-grondbesittende swart mans wat nie vir drie maande in die jaar in die jaar gewerk het nie. Miskien was dit een van die eerste pogings om swart arbeid te gebruik tot voordeel van die wittes. Hierdie inligting kry ek in Jan Smuts, an Illustrated Biography deur Trewhella Cameron.

'n Ander interessante brokkie wat ek hier raakloop, voor ek by apartheid kom, is die volgende: Toe Joseph Camberlain Suid-Afrika besoek einde 1902 en begin 1903, nader Smuts, Louis Botha en ander persone hom met die die griewe van die boere. "These included the language and education issues, the matter of amnesty, land claims by both the black people and the boers ..." Nou kan mens wonder hoe die swartes se grondeise op daardie stadium gelyk het.

John X Merriman, 'n Kaapse politikus, het Smuts aangevat oor die kwessie of stemreg aan swartes gegee moes word en op 13 Maart 1906 antwoord Smuts dat hy simpatiseer met die inboorling rasse, maar sê dat hy glo politiek slegs 'n ontwrigtende invloed op hulle sal hê, en verder hierdie betekenisvolle woorde: "When I consider the political future of the Natives in South Africa, then I feel inclined to shift the intolerable burden of solving the sphinx problem to the ampler shoulders and stronger brains of the future."

Voor Uniewording is daar 'n Nasionale Konvensie gehou met die doel om 'n konsep grondwet vir 'n polities verenigde Suid-Afrika op te trek. Daar is deur sommiges gedink aan 'n federale stelsel, ander was weer ten gunste van 'n unitêre staat met sterk sentrale outoriteit.

Die kwessie van stemreg vir swartes is ook te berde gebring en debat is daaroor gevoer, maar nie met die swart leiers self nie. Smuts het geglo dat die stemreg nie aan swartes uitgebrei moes word nie, maar hy het die nodigheid van 'n kompromie ingesien en voorgestel dat die stemregwette van die kolonies intak bly, dws gekwalifiseerde stemreg in die Kaap, maar nie in die ander provinsies nie. Die Kaapse delegasie het voorgestel dat hulle gekwalifiseerde stemreg na die ander provinsies uitgebrei word, party het 'n "beskaafdheidstoets" vir swartes voorgestel, maar Botha (Transvaal) en Sir Henry Moor (Natal) "refused to accept that blacks should have political rights in the Transvaal and Natal."

Dit is vir my nogal insiggewend dat die Engelse provinsie ook geweier het om aan die swartes stemreg te gee.

Nou volg hier baie interessante dele oor Smuts se aktiwiteite. Hy was in 1911 Minister van Myne en Arbeid en het in daardie jaar die "Mines and Works Bill' ingestel. "Certain categories of work were reserved for whites, who were able to obtain certificates of competence which were denied to blacks in the Orange Free State and Transvaal, according to clause 15 of the Act. Smuts claimed that the Bill was "purely technical", and no member of parliament contradicted him ..."

In Januarie 1912 is die South African Native National Congress, wat later die African National Congress (ANC) sou word, gestig. Hulle het sterk teen die "Natives Land Act van 1913 gereageer. Ek wil egter in hierdie skrywe nie daarop ingaan nie.

In Mei 1917 spreek Jan Smuts 'n gesamentlike vergadering van die "Imperial Institute and various South African Societies" toe by die Savoy Hotel in London. Hy sê daar die Gemenebes en Suid-Afrika het 'n "beskawende missie" in Afrika. "There must be no intermixture of blood between the two colours," and whites must built their conduct on the "granite bedrock of the Christian moral code."

Verder sê hy "a practice has grown up in South Africa of creating parallel institutions - giving the Natives their own separate institutions on parallel lines with institutions for whites. In land ownership, settlement and forms of government we are trying to keep them apart."

"His ideas were received with enthusiasm by his audience, which included Lords Milner, Selborne, Gladstone and English neo-Liberals, who advocated a policy of encouraging "Native communities to develop along their own lines."

Nou, hierdie is tog niks anders as apartheid nie, so niemand kan nog sê apartheid is deur Dr Verwoerd uitgevind nie - hy het maar net Smuts se goeie raad gevolg, lyk dit my.

Groete,

Tiens Pretorius

  • 9

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Tiens, dis sinvol gestel ... enigeen een wat die geskiedenis lees, sal stem dat dit ook net die hare op die ore van die monster Apartheid is ... die ideolgies gefabriseerde begrip "Afrikaner", het wel daarin gedeel, maar dis absurd om dit alleen die albetros om die nek te hang ... nietemin, ek twyfel of die gedagte dat Apartheid deur die imperialiste, en hul lakeie soos Jannie Smuts, op die boek geplaas is ... sy politieke loopbaan is deur nederlae sowel as suksesse gekenmerk ... vanweë sy omstrede opvattings is hy dikwels nie onder sy eie mense geëer nie, want hy het soveel toenadering tot Brittanje gesoek dat hy baiemaal in Afrikanergeledere as ’n soort verraaier van die Boerevolk beskou is ... dit laat steeds by party mense vrae ontstaan oor Jan Christiaan Smuts se ware statuur in die geskiedenis ... miskien moet nog ’n aantal jare verloop voordat objektiewer oordele daaroor gevel sal kan word ... intussen bly dit tog nodig dat die huidige geslag weer sal kennis neem van hierdie man wat deur sekere historici as bes moontlik die invloedrykste Suid-Afrikaner van die twintigste eeu beskou word ... JA, DIE WARE VADER VAN APARTHEID ... as Suid-Afrikaanse geskiedenismaker van die 1900’s sal hy maklik die voorste plekke op die podium met Nelson Mandela en die hartoorplantingspionier Chris Barnard kan deel ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Hello, 

     
    Tiens, tot 'n groot mate is hierdie 'n sinvolle brief maar word deur Henn bederf wat weereens sy onkunde bewys en gryp na die strooihalms wat jy hom bied en Smuts verklaar as die vader van apartheid. 
     
    Tot 'n groot mate het ek nie meer belang in die onderwerp nie en laat ek dit aan Jan Rap oor om die geskiedenis te probeer wit was en is dit 'n projek waarmee hy nou al 'n ruk aan die gang is, dit terwyl van my kant die onmenslikheid van apartheid erken word en die skuld die Afrikaner toekom en daar daarom met die nodige respek met dit omgegaan moet word. Daar is vele Afrikaners wat daardie aspek probeer ontken en is daar geen salf aan hulle (julle) te smeer nie. Daarom dat ek nie meer hare wil kloof daaroor nie.
     
    Hierdie skeiding tussen die mense van die land volgens kleur moet in konteks gesien word, beide in Suid-Afrika en die idees wat gegeld het op globale skaal en sluit dit in die manier hoe Brittanje haar kolonies bestuur het. 
     
    Dit is daarom 'n groter gesprek as wat 'n enkele brief kan bied, maar is dit korrek om dit te probeer verduidelik as idees wat oor tyd ontwikkel en aangepas word. 
     
    Apartheid behoort aan die Afrikaner en is sy die vroedvrou daarvan. 
     
    Segregasie behoort aan die groter bestaan en is histories aan 'n spesifieke tydperk gekoppel en speel die hele idee dat wit beter is 'n rol in hoe 'rasse' geklassifiseer was. 
     
    Eenvoudig gestel 1900 tot 1948 = segregasie & 1948 tot 1991 = apartheid. 
     
    Baie dankie

    Wouter  
  • CorneliusHenn

    ... en daar het julle dit uit Wouter Ferns se eie "?"

     

    Volgens die gebreinspoelde slimjan Wouter Ferns: "Eenvoudig gestel 1900 tot 1948 = segregasie & 1948 tot 1991 = apartheid".

     

    Uit my verklarende woordeboek:

     

    segregasie. 1. Afskeiding, isolasie, afsondering. 2. (hist.) Apartheid.

     

    afskeiding. 1. Afskeihandeling. 2. Voorwerp wat skei. 3. Verdeling. 4. Inbakening. 5. Segregasie. 6. Voortbrenging (sappe). afskeidingsbeweging; afskeidingsmuur; afskeidingsorgaan; afskeidingsproduk.

     

    Hel, kan dit wees dat wees dat die moord en doodslag apologete soos Wouter Ferns en Jaco Fourie, 'n beter moraal aan segregasie toeskryf as aan die woord apartheid?

     

    Moet die besorgdes oor hul taal en kulturele erfenis nie dan maar net 'n nuwe beweging begin onder Wouter Ferns se soort "1900 tot 1948 segregasie" nie?

     

    Dis die absurde werklikheid waaraan menige sinvolle redevoering oral onstsier word!

     

    Laat weet maar die Kwien van Ingeland dat Wouter Ferns bepaal het dat 1900 tot 1948 segregasie, vlekkeloos en onskuldig verhewe bo apartheid staan!

     

    Ek raak skoon opgewonde as ek dink hoe Juju en die res van die linkse gekkegrensers met hul vergryp aan die Ingelse taal, ook sommer segregasie as 'n wonder uit die Britse era in ons land by hul ideologie sal inwerk!

     

    "Gesegregeerde groete"!

     

    Cornelius Henn

     

    (nie regtig nie; ek kniel nederig met elke hart SAAM op aarde voor ons almal se Skepper)

  • Cornelius Henn,

     
    Behalwe vir die bietjie aangehaal uit 'n woordeboek, synde dat jy glo dat 'n woordeboek kan instaan vir argument en ontleding ken jy in al jou 'wysheid' die strominge en invloede globaal en plaaslik en die wisselwerking tussen segregasie en apartheid  in historiese konteks en kan jy hoegenaamd 'n sinvolle kommentaar daaroor skryf.
     
    Die antwoord is nee, jy kan nie, wil jy nie kommentaar lewer wanneer jy dit kan doen nie?
     
    Net soos jy na lug hap, wanneer jy dit verdraai, dat dit deur my as moreel aanvaarbaar beskou is. Jy is al gewaarsku teen die verdraai van persone se argumente dit is uiterse 'bad faith'.
     
    Die uitdaging is, kan jy 'n brief skryf waar die wisselwerking soos bo uitgelig in sy historiese konteks ontleed word, of gaan jy net na lug hap. 
     
    Kom verby die gebrabbel van jou wat moet instaan vir 'kommentaar'. 
     
    Dan is dit beter dat jy dalk iets gaan google, maar wees versigtig om nie weer 'n skakel na 'n Franse mode tydskrif te plaas nie. 
     
    Of is dit soos altyd 'n geval van cranking it up met jou. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • George Bekker

    Tiens, dankie vir jou bydrae.

    Dis wat ons hier nodig het: Om sake weer 'n slag uit 'n effens ander hoek te beskou. Jannie Smuts was 'n groot man in terme van ons geskiedenis. Hy het egter ook sterker emosies los gelaat as amper enigiemand anders. Dit was in die 1950's dat 'n ou oom my vertel het hoe bitter hy teen Smuts was. Hy was 'n Kapenaar maar het gesê as hy nie destyds (1914?) die verantwoordelikheid van 'n vrou en kinders gehad het nie hy persoonlik vir Smuts sou gaan doodskiet het. Smuts was nie in staat om die meerderheid van sy eie mense met hom saam te neem nie.

    Oor John X Merriman ook 'n interessante punt. Ons het in 1953/54 'n ou onderwyser gehad wat eendag vir ons vertel het hoe jammer hy was dat Merriman nie die eerste eerste minister van SA geword het nie (ek dink die ou onnie was wel 'n NP-ondersteuner). Dis sulke fyner dinge van die geskiedenis wat 'n mens dikwels mis. Terloops as 'n mens oor die Afrikaner wil praat is dit haas onmoontlik om sinvolle bydraes te maak sonder dat twee boeke van Hermann Giliomee nie gelees is nie, nl Die Afrikaners en Die Laaste Afrikanerleiers. Hoe lyk dit Jan Rap en Wouter, die uitdaging om die boeke te lees word aan julle albei gerig!

    As Wouter verwys na die onmenslikheid van apartheid en die skuld van die Afrikaner wil 'n mens dalk saamstem, maar as al die positiewe wat deur die NP bereik is aan die ander kant van die skaal geplaas word, verander die prent (al balanseer die skaal nie). Aan die einde van sy bewind was daar baie engelsprekendes wat Verwoerd gesteun het, want hy het voorspoed en sekuriteit gebring. John Vorster was skynbaar 'n laagtepunt, maar lees liewer eers vir Giliomee. Sommer nog 'n ding, a la Giliomee: moontlik is Verwoerd se grootste bydrae wat hy vir swart onderwys gedoen het. Ja dit is die saak wat hy so erg oor gekritiseer is, maar dit is hy wat die aantal leesvaardige swartmense drasties vermeerder het en groot getalle swart graduandi geskep het. As julle begin dink ek is laf lees vir Giliomee!

    Wouter het dikwels die vermoë om 'n debat op 'n hoër vlak te bring en dalk kan ons mettertyd nog vir Tiens ook hierby voeg.

    George

  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, TAAL is die hoeksteen in enige rede ... as jy nie die basiese verklaring van woorde respekteer nie, dan is Kobus de Klerk se Spirituele Intelligensie die enigste uitweg ... daarmee kan jy jou tydelike valsheid koppel om die oomblik te wen, maar teen tyd gemeet in die sloot val ... wat is daar te onderskei tussen segregasie en apartheid as die een gewoon deur die Ingelse toegepas is en die ander deur die Afrikaners? ... is daar 'n verskil tussen die woorde moord en opsetlike doodslag? ... hoe onderskei jy tussen die deler en die steler? ... daar is gewis "Kruiperkaners" (dankie Dan Roodt) wat jou rede aanhang, maar nes Jannie Smuts jare gelede deur nie-rassigge Boere teengestaan is en vandag deur napraters soos jy vir Apartheid gehoon word, net so is daar Boere wat Katoliek is ... Oom Paul, was een van Afrika se mees geagte leiers en deur WIT en SWART gerespekteer - behalwe natuurlik die Ingelse! - juis omdat hy nes al die Voortrekkers, die Britte se segregasie afstootlik gevind het ... Wouter Ferns, rede met jou is onmoontlik bloot omdat jy so arrogant spoeg en plak en alles aan jou identiteitloosheid probeer dwing - jy stel nie regtig belang nie ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Hello George, 

     
    Ek onthou jy was besig om die Giliomee te lees, oor die vyf leiers. Ek lei af dat die boek aanbeveel kan word. Ek het al na die kindle-uitgawe gekyk maar nog nie besluit nie. So dit is dan die moeite werd? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter. 
  • George Bekker

    Hallo Wouter, ja die boek is beslis die moeite werd. Dit neem net tyd om daardeur te werk, want die totale getal bladsye is 460. Die eerste paragraaf lui:

    In die tweede helfte van die 20ste eeu het Suid-Afrika twee 'revolusies' beleef. Die eerste was die implementering van die apartheidsbeleid wat saam met massiewe maatskaplike manipulasie rasse meer omvattend as enige ander rassebeleid in die wêreld geskei het. Die tweede was die ongeëwenaarde oorhandiging van mag deur wit mense aan swart mense, al was die staat – oorwegend in die hande van die wit minderheid – nóg verslaan, nóg bankrot. Hierdie boek het dit oor vyf wit leiers en hulle rol in die twee revolusies: Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, FW de Klerk en Frederik van Zyl Slabbert.

    Die minste bladsye word aan van Zyl Slabbert gewy (noodwendig). Selfs hier kry 'n mens besondere insigte. Smaak verskil noodwendig en ek is maar versigtig om my nek uit te steek as dit iemand geld gaan kos, maar met Giliomee se internasionale status, sal jy in hierdie geval nie 'n fout maak nie.

    Beste wense, George

  • Hello George 

     
    Ek sal so doen. Dit is op my wenslys al vir 'n ruk en Afrikaners is 'n goeie boek waaruit ek al geput het vir gesprek hier. Daar is geen twyfel in my gemoed van Giliomee se bereidwilligheid om die geskiedenis aan te pak 'warts and all'
     
    Baie dankie
     
    Wouter. 
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top