moed’rtaal kort, wragt’g, linguïsties ’n kans,
banja meer “Afrikaans” as Portugees of Frans,
k’tools-kreools, opg’tooi, in kleur-’n-geur,
kanti, g’veinsdes min deur storie g’steur
skankiebaai, majieta, virre mugu, v’r paloeka,
mampara, dom g’kom, inkomm’r, in Afrika,
issie skom reg, lokasie met haar eie stasie,
al v’roorsaak magsjagse hip’rkonst’rnasie
so wrintie, sowaar, feit, noggie b’kintie,
heers’r’s Afrikaans glattie goedg’sintie,
Sy word nu offisieel as “isiBhulu” b’skryf,
g’noeg, volbloedkreool tot v’rset t’dryf
as Afrika-taal staat Afrikaans rotsvas, solied,
sing Sy, selfs sonn’r status, Haar vrijheidslied
Jacobus Faasen

