v’rafrikaans’ng

  • 0

v’r t’lank moes moed’rtaal vas, ing’kluist’r,
sprek’r onn’r eie b’swadd’r’ngsterm stei’r,
Afrika-taalstatus vannie hand wys, wei’r,
taalg’skied’nis deur neo-lafaards v’rduist’r

smee ATR bande m’t Orania, Afriforum, Solidariteit,
b’fonds’ng nes Ma se stasie, duid’l’k, sonn’r ’n grens,
sou Afrikaanse, normatief transformatief, wou wens,
g’noeg’s g’noeg, re v’rwardheid, identiteitsb’nardheid

probeer “ras”-“klas”-idioot stommiteit rasionaliseer,
redes v’r onred’l’kheid altyd meer’s g’nog, ja, want,
kyk ma’ mooi watt’r voordeel inskikl’kheid inbring

lyk’t asof “isiBhulu”-sprek’r wraggies’ie w’l leer,
nes afkophoen’r, so sonn’r v’rstand, lieve land,
wann’r, Afrikaan, b’gint u m’t v’rafrikaans’ng?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top