Volledige brief vir Wouter oor die Blomkampflieks

  • 0

Om een of ander onverklaarbare rede het ek net die helfte van die brief vir Webvoet gestuur. Hier is die volledige ene:

Wouter, ek verwys na jou briefie van 3 deser.

Vele flieks (en verhale, skilderye, beeldhouwerke, briewe en plakkate), wat hulle ten doel stel om een of ander entiteit te verguis, boemerang. Vat nou maar Francois se briewe. Met sy beledigings teenoor die ‘slegte’ wittes en die ‘bankrot’ Europa slaag hy elke keer daarin om die toiingrigheid van Afrika en die praal van Europa, wat Afrika met aalmoese aan die lewe hou, te beklemtoon want onwillekeurig vergelyk mens dan die twee.

So boemerang District 9 dan ook; nie eers die vreemde Prawns kan die aandag van die toiingrige omgewing, en die kontinue rampokkery daar, aftrek nie. Dit is soos ‘n skildery met ‘n interessante onderwerp maar die agtergrond bevat allerhande kodes wat die ware prentjie gee.

Dieselfde met Elysium; tussen al die gemors, doodslag en rampokkery is die vlaggie van die nuwe SA al te duidelik op Kruger se voertuig. Maar met die dat die hoofkarakter nie oortuig nie is die fliek ietwat geforseerd. Jou gevoel dat ‘Jan Pierewit’ nog nooit so ‘bloedstollend’ was nie kan mens seker toeskryf aan selfhipnose want rêrigwaar, dit was maar flou omdat dit maar steeds soos Wikus gelyk het maar net met ‘n vuil gesig.

Neill Blomkamp (ek weet nie waar ek aan ‘Jan’ kom nie, seker maar verwar met ‘n sanger of iemand) is waarskynlik nie aan julle kant nie of, soos Francois Williams, plaas hy onwetend die kollig op wat duidelik julle dwaling beklemtoon.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top