Vir Wouter

  • 0

Hallo Wouter of sal ek sê hello

Ek sien in jou kommentaar onderaan my brief van 24 deser aan Dirk vra jy my " ... op te hou om die denkende Afrikaner se naam gat te maak." Natuurlik sal ek as jy my sê wat ek nou kwansuis doen om die denkende Afrikaner se naam gat te maak.

Is dit omdat ek sê die 'apartheid' wat julle in julle koppe het, waarmee julle julself troos dat julle vir suckers gevang is, nie bestaan nie? Kan tog nie wees nie want dan het, volgens jou, 'n hele vorige geslag of twee gatte van die 'denkende' Afrikaner gemaak want hulle het mos daardie beleid wat jy in jou kop het toegepas of hoe?

Of is dit omdat ek vir Dirk gelys het dat daar wel apartheidswette voor 1948 bestaan het? Kan ook nie wees nie want dis die waarheid; hoe kan apartheid wat voor 48 toegepas was gatte van 'denkende' Afrikaners maak?

Is dit omdat ek kla oor die agteruitgang van die infrastruktuur? Kan nie wees nie want dit is ook waar. Is dit oor die misdaad, die uiters wrede plaasaanvalle, die korrupsie, die heksejag op Afrikaans? Kan ook nie wees nie want ook dit is waar.

So wat is dit wat ek doen wat gatte van die 'denkende' Afrikaner maak? Is dit bloot omdat jy in ontkenning lewe en nie daarvan hou as jy daaraan herinner word nie?

Net 'n wenk as jy wil antwoord: Dit help nie om vir my te sê ek is mal of sonder skaamte as jy my verkeerd wil bewys nie. Jy mag wel reg wees maar dit het niks met die redenasie te doen nie en gaan net bevestig dat jy geen teen-argument het nie; die goed in jou kop is deur die pers geplant en jy weet nie mooi hoekom jy sê wat jy sê nie.

Jy kan ook nie soos Dirk verklaar dat jy 'die argument' gewen het nie; jy wen slegs wanneer jy die ander ou verkeerd bewys het, nie mal of dom nie. Om die waarheid te sê, hoe maller of dommer jou opponent is hoe makliker gaan jy hom verkeerd bewys maar 'n ou is nie noodwendig verkeerd omdat hy wurms eet of viool speel of so iets nie. Dit het met die prys van eiers niks te doen nie.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top