Vir Wouter oor die Blomkampflieks

  • 3

Wouter, ek verwys na jou briefie van 3 deser.

Vele flieks (en verhale, skilderye, beeldhouwerke, briewe en plakkate), wat hulle ten doel stel om een of ander entiteit te verguis, boemerang. Vat nou maar Francois se briewe. Met sy beledigings teenoor die ‘slegte’ wittes en die ‘bankrot’ Europa slaag hy elke keer daarin om die toiingrigheid van Afrika en die praal van Europa, wat Afrika met aalmoese aan die lewe hou, te beklemtoon want onwillekeurig vergelyk mens dan die twee.

So boemerang District 9 dan ook; nie eers die vreemde Prawns kan die aandag van die toiingrige omgewing, en die kontinue rampokkery daar, aftrek nie. Dit is soos ‘n skildery met ‘n interessante onderwerp maar in die agtergrond.

  • 3

Kommentaar

  • "Jan Rap", 

     
    Jou punt is? 
     
    District 9 is meer as net die "slums" en dan moet daar ondersoek word hoekom is daardie "slums" daar en hoe hou die stelsel dit in stand. Wanneer 'n kunswerk en hier maak ek die term wyd, dan reflekteer dit nie net 'n enkele essensie en moet die geheelbeeld in oorweging gebring word. 
     
    Ongelukkig, is dit iets wat jy nie kan doen nie. 
     
    Dit is baie moeilik om enige aangeleentheid met al sy nuanses te verwoord, maar dit is presies wat verwag word van 'n persoon wat met erns met die waarheid wil omgaan. 
     
    Dit is hoekom letterkunde, films, kunswerke en dan nie-fiksie so waardevol is, aangesien die bestes daarvan juis die nuanses ondersoek en die mens kan verlos van 'n eenvoudige, wit versus swart oordeel en daar met gemak in die grys kan funksioneer word. 
     
    Jou onlangse stellings verwys. 
     
    Suid-Afrika is in 'n gemors.
     
    Toe besluit jy, om op 'n groter doek te skilder en wat is jou slotsom. 
     
    Die hele planeet is in 'n gemors. 
     
    Dit is net te maklik en is die waarheid sonder enige twyfel meer menigvuldig as dit en vol kontradiksies. 
     
    Dit is waarmee moet geworstel word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Die hero van D9 is 'n tipiese koolkop Afrikaner, wat eers 'n hero kon word toe hy selwers 'n prawn word...net jammer dis een stappie te ver vir die jan raps van die wereld...

  • Hello FW, 

     
    Hy, die hero, is 'n Wikus van de Merwe, met die verwysing in die voiksmond wat die van impliseer. 
     
    Net so belangrik  is jou uitwysing van die feit, dat van der Merwe eers moes verander. 
     
    In die term, die "other" word, in hulle skoene staan en die insigte wat dit dan bring. 
     
    Nog steeds 'n belangrike skuif, al is dit 'n redelike algemene verskynsel in "kuns" om die transformasie van 'n karakter te bewerkstellig. 
     
    Ek is teleurgestel dat J******, nie die tientalle verwysings in die twee films opgetel het nie en die ernstige kritiek wat dit impliseer en daarmee gehandel het nie. 
     
    Die films is loodreg teen die ideologie wat J******* huldig opgestel en direkte kritiek en kommentaar daarop. 
     
    Iets wat hy moes weet aangesien dit drie keer in 'n ry gekyk is.
     
    Baie dankie
     
    WF
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top