Vir Thomas: Spangenberg en die demistefikasie van die Bybel

  • 5

Beste Thomas,

Weens jou onlangse brief oor Spangenberg aan SêNet, neem ek aan dat jy vertroud is met Johannes de Villiers se resensie met die titel: "Jesus sal sommige lesers skok", aangaande Spangenberg se boek, " Jesus van Naseret", wat in Rapport verskyn het.

Ter opsomming van hierdie resensie, volg hier ‘n sitaat van Spangenberg self : "Vir my was Jesus van Naseret in die eerste plek ‘n Joodse man wat die Joodse godsdiens van sy dag beoefen het. Hy het nie in ‘n Drie-eenheid geglo nie en ook nie die siening gehuldig dat Hy oor twee nature beskik nie naamlik ‘n goddelike en ‘n menslike een nie. Die hele idee van die erfsonde maak geen deel uit van sy prediking nie. Hy verkondig net nooit nêrens dat Hy gekom het om Adam en Eva se oortreding in die Tuin van Eden om te keer nie. Vir hom sou al hierdie goed vreemde idees gewees het. Dis sienings van teoloë uit die vierde en vyfde eeu".

Spangenberg se tesis is nie vir my vreemd nie aangesien ek reeds vir jare vertroud is met die werke van Bart Ehrman en Karen Armstrong wat ek so vyf of ses jaar gelede breedvoerig in briewe aan SêNet siteer het.

Net ‘n laaste opmerking: Die Christelike geloof is ‘n versindsel van teoloë, en die resultaat van besluite geneem by verskillende kerkkonsilies, soos bv. Nikea. Om te dink hoeveel honderde duisende slagoffers deur die eeue vergeefs om die lewe gebring is weens kettery, en die oorloë wat tussen Protestante en Katolieke gevoer is weens hierdie mensgemaakte godsdiens, en sy "korrekte" interpretasie, kan mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom nie dat die Kerke ‘n groot verantwoordelikheid dra by hierdie misdaad teenoor die mensdom.

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 5

Kommentaar

  • Vir wat steur die nie-gelowiges hulle dan so knaend aan die doen en late van die wat wel  Christelik glo?  Eienaardig hoe die nie-gelowigers aan die eenvoudig verstaanbare Christen-geloof bly neuk en karring.

     Kyk hoe sien die  nie-Christelike wêreld daaruit, en magtig, moenie eens praat van die Midde-ooste nie.

     Min word daaroor gesê.

     Seker maar onrustig oor iets !

     Raed-na-Gael

  • Beste Pieter

     
    Ja Sakkie is 'n akademikus van uitsonderlike gehalte met 'n bogemiddelde intellek. Ek het al verskeie kere saam met hom gekuier en kan hom werklik 'n goeie vriend met onkreukbare integriteit noem. 
     
    Sakkie het metterjare tot sy huidige insigte gekom en is natuurlik deur die kerk verguis. Die Christelike godsdiens staan op baie los fondamente wat nie die aanslae van intellektuele soos Sakkie permanent sal kan weerstaan nie. Ek stem met jou saam dat die kerke se openlike misleiding van hul lidmate as misdaad teen die mensdom beskou kan word. 
     
    Groetnis
    Thomas
  • Beste Pieter Redelinghuys

    Die idee dat die gedagte van erfsonde (original sin) 'n idee is wat by Christen teoloë onstaan het is verkeerd soos jy uit die volgende aanhaling kan aflei.

     Issues in Jewish Ethics: Judaism's Rejection of Original Sin https://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Judaism/Original_Sin.html 

     Saint Augustine (354-430) was the first theologian to teach that man is born into this world in a state of sin. The basis of his belief is from the Bible (Genesis 3:17-19) where Adam is described as having disobeyed G-d by eating the forbidden fruit of the tree of knowledge in the Garden of Eden.

    This, the first sin of man, became known as original sin. Many Christians today, particularly members of the Anglican, Roman Catholic, Lutheran, Methodist, and Presbyterian Churches, subscribe to this belief. They maintain that the sin of Adam was transferred to all future generations, tainting even the unborn.

    Substantiation for this view is found in the New Testament (Romans 5:12) where Paul says, "Wherefore as by one man sin entered into the world, and death by sin; and so death passed upon all men, for that all have sinned. By one man's disobediance many were made sinners."

    Christianity believes that only through the acceptance of Jesus that the "grace" of G-d can return to man. A Christian need only believe in Jesus to be saved; nothing else is required of her. The doctrine of original sin is totally unacceptable to Jews (as it is to Christian sects such as Baptists and Assemblies of G-d). Jews believe that man enters the world free of sin, with a soul that is pure and innocent and untainted. While there were some Jewish teachers in Talmudic times who believed that death was a punishment brought upon mankind on account of Adam's sin, the dominant view by far was that man sins because he is not a perfect being, and not, as Christianity teaches, because he is inherently sinful.

    Soos jy sien was die gedagte van erfsonde 'n minderheidsgedagte  onder Joodse onderwysers.Die idee van sonde erf is maar iets waarop die meeste teoloë  nie direk 'n antwoord gee nie.Kyk bv na die volgende:

    Erfsonde - Vraag - Jan van der Watt
    Vraag: Gerhard vra: Verduidelik asb wat erfsonde is, veral waar ons sê ons is in sonde ontvang en gebore. Wat presies word bedoel met ontvang?

     Antwoord: Prof Jan van der Watt antwoord:

    Erfsonde is nie ‘n leer wat deur alle Christelike kerke aanvaar word nie. Dit is veral die Gereformeerde kerke wat nogal heelwat hiervan maak. In die Gereformeerde leer vorm dit deel van die groter teologiese prentjie van sonde en verlossing.

    Die mens het niks goeds in hom nie en is daarom skuldig voor God. Dit is so van geboorte af - so ontvang ons as ouers kinders. Kinders word in sonde gebore en sal dus verlore gaan as hulle nie deur Jesus gered word nie.

    So word die sentrale belang van Jesus vir die redding van mense beklemtoon. Daar is nie werklik baie Bybelse gegewens hiervoor nie. Die argumente word meer gebou op die breë teologiese argumente wat aanvaar word.

     Daar is byvoorbeeld kerke wat nie die absolute verdorwenheid van die mens leer nie, maar wel dat die beeld van God in die mens (ook in die baba) skeefgetrek is en herstel moet word.

    Dit is dus nodig om die baba te doop sodat die goeie balans weer herstel kan word. Ander kerke lê weer baie klem op die vrye keuse van die mens. As die mens verkeerde keuses maak, lei dit tot sonde.

    Die baba kan natuurlik nog nie verkeerde keuses maak nie en kan dus per implikasie, volgens hierdie teologiese siening, nie sondig wees nie. Wat gewoonlik darem erken word, is dat die mens (ook die baba as hy of sy verstand kry en keuses kan maak) geneig is om te sondig en dus tog Jesus as Verlosser nodig het.   

    Outeur: Prof Jan Van der Watt

    Persoonlik het ek deur die jare en na baie oplees 'n ander idee oor die erfsonde ontwikkel.Die mens word gebore met 'n vermoë of kapasiteit  om of goed of kwaad te doen.Ons is dus in staat om keuses uit te oefen.

    Dit is egter so dat invloede van buite ons keuses beïnvloed . As ek dus opgevoed word dat dit oukei is om te lieg en te steel solank ek nie gevang word nie sal dit die kapasiteit om kwaad te doen versterk en sal ek niks verkeerd in my optrede sien.

    Dit is ongelukkig so dat sommige  mense  gebore is met 'n groter vermoë om kwaad te doen as ander en dat die groter vermoë die gewete van die mens totaal toeskroei en hul in staat stel om sonder om 'n oog te knip
    die mees afgruwelike dade denkbaar te doen.

    Michael Stones "22 point scale of evil " ondersteun die gedagte.

    Nou wat het dit nou met die Christelike leer te doen? Ek dink dit is juis die vermoë om te rebelleer teen gesag , die owerhede, my ouers ens omdat ek hul optrede as onredelik, ens beskou wat my in staat stel
    om die gedagte dat ek in die hiernamaals nog 'n keer moet please explain aan 'n God wat ek nie kan sien nie,  as belaglik te verwerp.

    Daar moet dus iets met my gebeur wat my gaan verander.En dit is waar Jesus in die prentjie kom.
    Ek moet sy verkondiging van die Koninkryk van God , wat noodwendig moet lei tot die versoening met die Skepper, wie se bestaan ek vroeër verwerp en belaglik afgemaak het,volkome aanvaar of verwerp.

    Maar die aanvaarding van Jesus maak nie die vermoë of kapasiteit waarmee ek gebore is dood nie.
    Dit sal eers verdwyn na die opstanding wanneer ek met 'n liggaam soortgelyk aan Jesus opgewek word.

    Hier op aarde is ons lewe dus 'n gedurige stryd tussen my vermoë, my kapasiteit  om of goed of kwaad te doen en dan lei die vermoëns om kwaad te doen soms tot die mees afgruwelike dade.

    Natuurlik sal sielkundiges talle verklarings daarvoor vind. Maar wat hul ook al bevind is hul bevindings niks meer as 'n bevestiging dat so 'n persoon oor die vermoë beskik, ongeag waarop dit gegrond is,wat hom/haar in staat stel om die misdade te pleeg.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Raed-na-Gael,

    Dankie vir jou kommentaar oor my brief wat alleen dien as 'n irritant om my weer aan te spoor om te wonder oor die haglike toestande in die Midde-Ooste, geboorteplek van die Drie Abrahamitiese Godsdienste: die Joodse, Christelike, en Islamitiese godsdienste, almal wat mekaar intens haat en mekaar wil uitdelg. Sou die mensdom en almal rondom hulle, veral die sg "ongelowiges" dalk nie veel beter af gewees het sonder hulle wat  almal se bloed soek nie? 

    Waar is Jahweh, die Christengod, en Allah dan wat vanuit hulle hemelse setels die beesagtighede hieronder op aarde  "aanskou", en volgens hulle almagtigheid en alomteenwoordigheid nie beskerming verleen nie, ook nie genade toon nie, aan die kinderslagoffers wat so ly onder die konflik, gedryf deur godsdienstige fanatisme , kinders wat gedoem is om onder onmenslike toestande te sterwe, of om hulle ouers te verloor?

    Ag nee wat, vertel maar jou katkisasieklasse, jou kinderagtige kindersprokies van 'n liefdevolle Vader,  maar hoop net daar is nie jongmense teenwoordig wat verder kan dink as hulle neuse lank is nie.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys 

     

     

     

     

  • Pieter Redelinghuys

    Beste FC Boot,

    Baie dankie vir jou brief met die intelligente uiteensetting van erfsonde wat nuwe dimensies oopmaak oor die begrip daarvan. Daar behoort meer sulke briewe van hierdie gehalte te verskyn wat die onderwerp belig en verdiep, en die leser vul met die gevoel dat die skrywer 'n kontribusie gemaak het aan die onderwerp.

    Nogmaals dankie.

    Pieter Redelinghuys

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top