Vir Thomas en Cornelius oor demokrasie

  • 1

Thomas,

Ek het nie demokrasie as regeringstelsel gekritiseer nie, ek het dan al selfs by meer as een geleentheid gesê demokrasie is die enigste ding wat gaan werk vir ons hier in Afrika, spesifiek hier aan die suidpunt van Afrika.

Ek het gesê ons het HIER, per definisie, nie 'n demokrasie nie. So, wanneer meneer Churchill of Aristoteles of wie ookal demokrasie as regeringstelsel besing is dit nie ter sake nie. Hier is twaalf, dertien, veertien, wie weet hoeveel volke in een geografiese gebied saamgegooi so hier kan per definisie nie 'n demokrasie wees nie.

Buitendien, die demokratiese sisteem word juis nagestreef omdat dit regverdigheid aan die hand werk; omdat die hele volk elkeen 'n inset het word onder andere kliekvorming, en dus korrupsie, verhoed. As die regering nie presteer nie stem die volk nuwe leiers in wat die regeringstaak beter verrig. Die doel van 'n goeie regeringstelsel, soos demokrasie byvoorbeeld, is dan om 'n land sodanig te bestuur dat daar vrede, vooruitgang en voorspoed is.

Hier gebeur dit kennelik nie. Inteendeel, die land word so bestuur dat mens met redelike sekerheid kan sê dis 'n mislukte staat. Dit is nie demokrasie wat faal nie; dis die regering wat faal. Daar is sekere kenmerke wat aandui wanneer daar 'n demokratiese bestel is en die blote etiket 'demokrasie' is nie aanduidend dat 'n demokratiese bestel heers nie. Ek kan myself byvoorbeeld nie 'n 'astronaut' noem en verwag NASA gaan my aanstel nie.

Cornelius,

Wees versigtig om demokrasie en kapitalisme as een ding te sien. 'n Regte demokratiese regering sal byvoorbeeld nie hidrobreking toelaat nie; die volk sal die tydelike 50 of 100 of 300 werkgeleenthede nie as 'n goeie ruil beskou vir permanent-besoedelde grondwater nie.

Groetnis

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Jan Rap, jy het my hier ... tot op hede het ek demokrasie as 'n kapitalistiese instrument en in direkte teenstelling tot ewe swak ideologie naamlik sosialisme en kommunisme, beskou ... ek sal gewis nadink hieroor ... Cornelius Henn

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top