Vir Reusedwerg oor sy 'Eie mening'

  • 0

Dagsê Reusedwerg

Ek verwys natuurlik na jou brief van 23 deser waar jy in die bresse tree vir Deon Opperman.

Jy gee 'n kort opsomming van hoekom jy van Deon Opperman hou; hy skryf goed, hy 'vat nie k@k nie' soos jy dit stel, hy noem 'n graaf 'n skoppensboer volgens jou, lei ek af, en hy't dus nie agting vir heilige koeie nie.

Dis goed so as jy om daardie rede van hom hou. Ek hou ook van sulke mense, soos byvoorbeeld Dan Roodt, Steve Hofmeyr, Helmien Roux, Dan Sleigh, Mamphela Ramphele, Margaret Thatcher, Zwilinzima Vavi, ag, daar's baie. Ek stem nie noodwendig met almal altyd saam nie maar ek het agting vir mense wat nie stroom-af dryf nie.

Sulke mense skroom nie om mense uit hulle gemaksones uit te ruk nie; hulle is hoë bome en vang die wind. Hulle huil dus nie as, wat hulle ookal uitdeel, na hulle kant toe kom nie. Dis mos juis wat hulle ook doen, slag wat hulle as heilige koeie ag. Mense soos Deon Opperman en Jans Rautenbach is die huidige bestel se heilige koeie; jy kan nie huil as iemand hulle wil slag nie.

Myns insiens verkneukel Deon Opperman hom in so bietjie Boerebashing, iets wat sedert Jans Rautenbach se Kandidaat kwaai mode geword het. Miskien is ek verkeerd; hy pleeg nie Boerebashing nie of, miskien pleeg hy dit wel en dit is regverdigbaar, maar dan is dit 'n ander debat, naamlik of ons nog steeds verguis moet word of nie.

Ek, en ek is seker daar is nog, is al sat vir hierdie eie-bril-stukkend-trap-mode, dis vir my so stroom-af; die Engelse het dit al in die 19de eeu (miskien 18de?) begin en ons mense ('bokste' om nou jou woorde te gebruik) het maar so gaandeweg daarby ingeval en vasgehaak. Maar, soos ek gesê het, miskien is ek verkeerd en verdien ons om nog steeds gekasty te word. Dit staan jou vry om my te oortuig.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top