Vir Pieter Redelinghuys oor verloopte Afrikaners

  • 3

Pieter,

Afrikaners wat immigreer is nie noodwendig verloopte Afrikaners nie. Verloop het niks te doen met waar jy woon nie, eerder met jou gesindheid.

Dis nie vir my duidelik waarom jy “nasie” bygesleep het nie.

Groete

Helmine le Roux

  • 3

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Helmine, ek het nou eers die kommentaar gelees wat u op u skrywe van 9 deser ontlok het. Met die uitsondering van Jan Rap se sinvolle opmerkings is die kommentaar van dieselfde aard as wat diegene op die internet gekry het wat Front Nasionaal ondersteun het. Dit is tans uit die mode om die Afrikaner te ondersteun, maar dit impliseer nie dat ons verkeerd was deur bv oorwegend trots te wees op wat die Afrikaner in die verlede tot stand gebring het nie. In die toekoms kan ons ons weer laat geld, ten spyte van al die huidige belemmerings.

     

    Die Afrikaner-diaspora is in baie gevalle juis mense wat hulle nie wou "laat buig soos hul geweld dit wou." In die figuurlike sin is hulle dus nie-verloopte Afrikaners. Plaaslik is daar grade van verlooptheid. Die ergste gevalle is seker die oud-Broederbonders wat hulle gatte geswaai en by die ANC aangesluit het. Heel tereg merk u op dat verlooptheid op gesindheid dui. Dit is inderdaad diegene wat ontken dat daar so iets soos 'n Afrikanernasie is of kan wees, wat die verlooptheidsvirus onder lede het.

     

    Johannes Comestor

  • Pieter Redelinghuys

    Helmine,

     Bedoel jy immigreer of emigreer?  En  verduidelik tog vir my wat jy bedoel met  "verloopte Afrikaners". Dit klink vir my jy praat nou van Afrikaners wat padgegee het uit Suid-Afrika. Het hierdie Afrikaners dan volgens jou die "chicken-run" gevat? So is gepraat van Rhodesiërs wat gedurende die sewintigejare na Suid-Afrika getrek het nadat Mugabe aan bewind gekom het.

     

    As jy n ware le Roux is, het jou Hugenote voorouers ook maar  die "chicken-run" gevat uit Frankryk of het hulle bloot geïmmigreer na Suid-Afrika gedurende die sewentiende eeu? Die Franse wat in Frankryk oorgebly het het hulle seker ook as "verloopte" Franse beskou. En raai, wonder bo alle wonders! Omdat die Hollanders hulle nie vertrou het nie, het hulle die Franse taal so onderdruk dat daar niks daarvan in Suid-Afrika oorgebly het nie, behalwe vir 'n klompie plaasname in Franschoek. So het die Huguenote deur ondertrouing met Duitsers en Hollanders toe "Afrikaners" geword! Maar dit is nou 'n ander storie.

     

    Nog n vragie. Hoe is dit moontlik dat jy en Thomas aan dieselfde "Afrikanernasie" kan behoort? Thomas is 'n kind van die Renaissance en Verligting ( Age of Reason and Enlightenment), en hy kan kershou met Europese intellektueles in enige gesprek, terwyl jy struikel nog rond in die mis van die Donker-eeue. Julle behoort blykbaar aan dieselfde "nasie" maar julle is ligjare van mekaar in lewensuitkyk en "gesindheid".

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

     

     

  • Pieter Redelinghuys

    Johannes Comestor,

     

    Dankie vir jou artikel en jou verwysing na die  "Afrikaner-diaspora", asof dit nou so n unieke fenomeen is en iets waaroor mens krokodiltrane oor moet huil.  Ek is die Afrikaanssprekende produk van 'n Franse Huguenote- diaspora wie net sowel in Engeland, Kanada, of elders kon beland het. Daar is baie le Rouxs en Rouxs in Kanada vandag en hulle beskou hulleself dan as Kanadese of Kanadese burgers. 

     

    Afrikaners soos jy en Helmine is seker maar die "agterblywendes" - patete wat Afrikaans-sprekendes wil klassifeer in verskillende katagorië van aanvaarbaarheid volgens julle eng lewensuitkyk en "gesindheid", maar ek het nuus vir julle. Julle tyd is verby. Suid-Afrika lewe nie langer in die Verwoerd-era nie maar het gevorder die laaste 50 jaar.

     

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top