Dagsê Jannie
Dankie vir jou briefie en die vriendelike raad, naamlik dat ek nie meer oor politiek moet skryf en dat die swartes almal hulle eie land kon gehad het nie want jy wil nie hê ek moet 'n fool van myself maak nie. Dis dierbaar van jou om so begaan oor my te wees, jou oom waardeer dit baie.
Maar Jannie, wat jy nie besef nie is dat jou oom nie baie skryf oor politiek en dinge nie; jou oom reageer net as ander ouens skryf oor politiek en goed en vertel hoe goed dit nou in die land gaan vandat die witmense boedel oorgegee het. Jou oom sê dan net vir hulle met dié
1) dat die Rand so val en
2) 30 opstande per dag en
3) polisie wat in uniform mense beroof en
4) 'n verkragting elke 4 minute en
5) honderde dorpe se riolering wat nie meer werk nie en
6) slaggate in die paaie en
7) werkgeleenthede wat verdwyn weens grootskaalse emigrasie en
8) werkgeleenthede wat skaarser en skaarser word weens grootskaalse immigrasie en
9) swartes wat openlik sing dat Boere doodgemaak moet word en
10) plaasboere en bejaardes met eentonige reëlmaat wreed aangeval en vermoor word en
11) Afrikaans en Afrikaners afgejak word en
12) korrupsie en misdaad hoogty vier,
die soort van ding, dat dit NIE so goed gaan in die land nie en dat dit dalk beter sou wees as die swartes, soos in Swaziland, Haïti en Lesotho, hulle eie lande gehad het.
Jy moet ook nie uit die oog verloor dat jy nog op skool is nie en wat julle op skool leer van wat die swartes wou gehad het en nie wou gehad het nie strook glad nie met die waarheid nie; julle hele leerplan is aangepas om 'n klomp twak in julle koppe te prop.
So byvoorbeeld word nog steeds mense gevang wie se passe nie reg is nie (hulle noem dit net paspoorte of papiere) en nog steeds word mense se dagga, sigarette en bier weggevat. Net nou die dag weer is 'n klomp sakke dagga verbrand, my hart was eintlik seer daaroor.
Maar laat jou oom jou nou vertel wat die swartes wil hê: Presies dieselfde as wat almal op aarde wil hê naamlik vryheid, vrede en welvaart. Vryheid kry jy slegs in 'n ware demokrasie en as jy vry is volg welvaart en vrede vanself. Om 'n dosyn nasies op een hoop te gooi en af te kondig dat hulle 'n demokrasie is werk nie en in 'n demokrasie praat die leier nie in 'n vreemde taal met sy mense nie. Dit is dan PER DEFINISIE nie 'n demokrasie nie. As jy dit nie verstaan nie vra maar, oom sal weer verduidelik.
Wat jou verwagtende meisie betref, ek verstaan ook nie hoe dit kon gebeur het nie, seker maar windbestuiwing. Jy moet ook seker maak jou vriende wat vir jou kom kuier is daar om die hondjie en nie die halsbandjie nie. Maar, gedane sake het geen keer en jy moenie bang wees om jou pa te vertel nie; wat gebeur het, het gebeur en ek is seker hy sal jou ondersteun. As hy 'n bohaai opskop, sê vir hom jou oom sê hy't nie 'n been om op te staan nie; hy sal weet wat dit beteken. As jy wil, sal ek hom van die petalje vertel en SORG dat hy jou bystaan en nie oordeel nie.
'n Laaste ding Jannie: Gaan sê vir julle onderwyser om te verduidelik oor die woordjie 'doen'. Jy kan byvoorbeeld nie sê " ... oom skryf oor die dinge soos oom DOEN ..." nie; dis verkeerd en hy moet dit tog asseblief aan al die kinders verduidelik.
Nou-ja, op die manier dan
Jou oom
Jan Rap


Kommentaar
(Glimlag)
As ek nou so neef Jannie en Oom Jan Rap se briewe lees, klink dit tog of hulle oor sekere dinge begin saamstem ... ?