Vir Jaco

  • 3

Dagsê Jaco

Ek verwys na jou opmerkings onderaan my briewe van 2 en 15 deser.

Met groot fanfare roep jy uit dat Dan Roodt se boek in Engels is en dat dit vir jou lyk asof hy deel van die 41% is. Ek wys jou daarop dat Dan preek vir die wat dwaal, met ander woorde dat dit tydmors is om vir die bekeerdes te preek en jy beskuldig my dat ek ‘vermetel’ die storie omdraai. Hoe werk jou kop? Triomfantelik skreeu jy Dan het ‘n Engelse boek geskryf en toe ek vir jou vertel hoekom beskuldig jy my van vermetelheid.

Weer eens, vir die hoeveelste maal, na ek talle male jou geantwoord het, vra jy my wat Dan nou eintlik doen. Kennelik verstaan jy nie wat ek sê nie of ek antwoord nie jou vraag reg nie. Dus, om hierdie ding op te klaar, vertel jy my nou wat ‘n Afrikaner moet DOEN om nie jou toorn op die hals te haal nie. Hy mag nie onregverdighede uitwys nie want dan kla hy, so vertel nou vir my van iemand wat iets DOEN, gee my die ouens se name en vertel my wat hulle DOEN; dalk lees Dan dit raak en hy begin DOEN wat jy wil hê.

Ook, vir die hoeveelste maal, sê jy ek vind my volksgenote verwerplik ten spyte van die feit dat ek al male sonder tal vir jou gesê het ek vang ‘n gly in die meelopers, joiners en hensoppers, die wat ons ondermyn. Jy het ook blykbaar ‘n probleem met die betekenis van ‘ondermyn’. ‘Ondermyn’ kom daarop neer dat Afrikaans en die Afrikaner skade ly, soos byvoorbeeld RSG en KykNet wat in hul daaglikse omgang die idee plant dat Engels die verstektaal is, dat Afrikaans tweedeklas en onbelangrik is en dat dit vanselfsprekend is, verpligtend eintlik, dat almal Engels moet kan praat.

Jy KLA ook gedurig dat mense wat nie jou menings deel nie KLA. Jy’s die ou wat KLA; jy KLA oor Dan Roodt, jy KLA oor my, jy KLA oor die regering wat ons mense gaan besteel (goddank daarvoor; jou oë begin stadig oopgaan), jy KLA, KLA, KLA van die more tot die aand.

Jy probeer my woorde in die mond lê; vertel ek gee as bewys dat Dan Roodt iets vir die Afrikaner doen sy onpopulariteit by sekere mense is. Dit is nie waar nie; op jou aantyging dat Dan niks doen nie het ek gesê dat hy nie so onpopulêr kan wees as hy NIKS doen nie. Dit is juis vanweë sy stryd VIR die Afrikaner dat hy so deur die polities-korrekte koortjie verguis word. Jou Zuma-analoog is dus baseer op ‘n valse (slinkse?) vertolking. Dan Roodt is by sekere mense onpopulêr vanweë sy handelinge, Zuma is onpopulêr by meeste mense (swart en wit) vanweë sy gebrek aan prestasie.
Die bal is aan jou kant van die baan: Gee my ‘n voorbeeld van wat jy verwag iemand moet DOEN sodat jy nie KLA dat hy net praat nie. Moet nou nie kom met Afriforum nie; ek is ook ‘n lid, ek weet wat hulle doen, vertel my van die individue, soos jy byvoorbeeld, wat DOEN en wat hulle/julle DOEN. Verstaan nou mooi, ek daag jou nie; ek het nooit gesê jy DOEN niks vir Afrikaans of die Afrikaner nie, ek wil net voorbeelde hê sodat ek kan weet waaroor KLA jy so oor Dan Roodt. Terloops, die hoofletters is volgens jou voorbeeld.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Jan jy is DIE negatiefste mens op hierdie werf. Daar is geen kans dat Jaco ooit naby jou sal  kom nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top