Jaco
Smaak my jy soek skoor, mannetjie.
Ek het so 'n bietjie rondgeblaai en gelees aan goeters wat jy geskryf het. En wee’ jy wat? Dis soos 'n taai toffie tussen my tande. Al wat ek daarmee wil doen, is om dit uit te spoeg. Dis egter nie aanvaarbaar in 'n opgevoede geselskap nie.
Ek het regtig minder as niks vir jou te sê nie.
Groete
Helmine le Roux


Kommentaar
Helmine
"Taai toffie" jou beste redenasie-vermoë!!?
Ordentlike geselskap? Jy's die een wat die ordentlike geselskap versuur het met jou geykte gekkegrens geskel.
Terloops. Dan Roodt en Zuma is ou pels. Hulle het mos op 'n slag saam gebraai, of weet jy dit nie?
Beste Helmine,
Doen ons tog almal hier op SêNet 'n groot guns en maak jouself skaars. Jy het nog nooit iets positiefs bygedra waarvan ek weet nie. Jaco en sy bydraes sal erg gemis word as hy homself ontrek. Al wat sal oorbly is Jan Rap, Kobus de Klerk, en jy natuurlik. Watter ramp vir 'n sg. Afrikaanse Webblad wat poog na n bietjie kwaliteit nou en dan!
Groete,
Pieter Redelinghuys
Baie waar Helmine,
Ek moet erken ek't te lank aan daardie toffie probeer kou en in die proses 'n tand of twee (onnodig) gebreek!
Wyse groete,
Cornelius Henn
Beste Helmine,
Jy is baie welkom op hierdie werf. Dis oop vir almal. Natuurlik sal jy alle soorte en gesindhede hier aantref. Ek kan sien jy is 'n katjie wat nie onnodig aan haar sal laat lek nie. Hierdie werf bevat van die beste artikels wat jou uiters sal verryk - as jy dit toelaat. Die wat teen jou werk is yl gesaai.
Plaas gerus jou artikels hier. Baie lesers sal dit geniet. Ek hou van jou reguit antwoorde.
Laat waai - Meraai!
Trienie Mahne
Hel Pieter!
Dankie vir die kompliment
Trienie
Jy skryf: Helmine. "Natuurlik sal jy alle soorte en gesindhede hier aantref.'
Jy's welkom aan haar "soort" met haar krompsienende "gesindheid".
If thats what turns you on, dan moet julle twee maar lekker saamklets